sr1111woonhoof
Maak dit self

Découpage jou eie stoel só

  Gebruik ‘n houtstoel met ‘n groterige rug of sitplek
  Neem ‘n medium growwe sandpapier (soos nr. 80) en skuur die oppervlak effe skurf.
  Maak kleurfotostate (A3 grootte) van ‘n Afrika-kaart tot jy genoeg het om jou stoel heeltemal te bedek. Gebruik Modge Podge (te koop by stokperdjie- en hardewarewinkels) wat terselfdertyd as gom én verseëlaar dien.
  Smeer die Modge Podge eweredig met ‘n kwassie oor die sitplek.
  Plak ‘n vel op ‘n slag sodat die rande verby die stoel se rand steek. Vryf dit goed vas – moet dit nog nie afsny nie.Plak die volgende velle op dieselfde manier tot die hele stoel bedek is, maar laat dit oorvleuel sodat die kaart presies pas. Vryf die velle goed plat sodat daar nie blasies is nie en laat dit oornag droog word. Neem ‘n skerp kunsmessie en sny oortollige papier tot teenaan die stoel se rand af. Verf ‘n hele paar lae Modge Podge in die teenoorgestelde rigtings oor die hele stoel en laat dit na elke laag droog word voor jy die volgende laag aanwend. Verf ‘n paar lae tot jy voel die papier is nou goed beskerm.
  • Enza

    Ek het 15 van hierdie stoele wat ek graag wil verander en gedink aan oortreksels, maar hierdie lyk beslis ‘n baie beter opsie. Baie dankie vir hierdie inligting.

  • https://meubeltrend-nederland.nl/stoelen Gerben

    Wij zijn de beste
    leverancier van eettafels, stoelen, ruimte stoel etc.If u op zoek bent naar
    een dergelijke koning van mooie apparatuur voor uw huis dan kunt u
    vrijblijvend contact.