Maak dit self

Een stoel, een tafel, een vaas

Kontemporêr (foto regs)
Kies ’n klassieke gemakstoel met ’n los oortreksel, ’n handgemaakte vaas en ’n tweedehandse tafeltjie met skoon lyne. Die Essex-stoel is van Biggie Best. Die oortreksel is gemaak van Like Linen-materiaal. Jy benodig sowat 6,5 m tot 8 m vir ’n los oortreksel. Die vaas is van Weylandts. Die los stoelkussings is gemaak van The Magic Penny in Chautreusse, 280 cm breed en Canvas Candy in Orange van Silk and Cotton Co. Op die tafeltjie is twee lae hoëglans-olieverf, en die fynbos in die vaas sal weke lank hou. Die vloer is van Marley Tiles, staanlamp is van @home livingspace en die muurbord is van kunstenaar Liesel Trautman.

Prakties

Prakties.

Pleks van jou stoel met ’n doek toegooi, maak ’n loper so wyd soos die sitplek. Dié geborduurde linne, Savannah Mist, is van Hertex Fabrics. Om die armleunings te beskerm en terselfdertyd ’n netjiese sakkie vir die koerant en afstandbeheer te maak, het ons ’n loper van Biggie Best gebruik. Maak só: Vou een punt van die loper om en stik die kante toe om die sakkie te vorm. Stik nog ’n kleiner sakkie daarin vir die afstandbeheer as jy wil. Vou die ander punt onder die stoelsitplek in. Gestreepte gordyne van Hertex Fabrics. Kussing van Osiers.

Klassiek

Klassiek.

Ons drie dekor-items word gebruik om ’n linnevoorkoms te skep wat nie net prakties is nie, maar altyd klassiek en statig lyk. Verf die muur in twee kleure Plascon Polvin: Aqua Bubble B1-D2-1 (bo) en Maison Blanche Y1-E2-1. Die dado-reling is ’n polistireen-kroonlys van Builders Warehouse, wat dieselfde kleur as die muur geverf. Die keramiekraam-spieëls is van Osiers. Maak ’n tafeldoek wat tot op die vloer hang. Maak só: Koop jou materiaal. Gooi dit oor die tafel en knip die hoeke wat op die vloer lê weg en gelyk met die some. Vou plooie in die hoeke na binne en werk katoenband of lint in plooie vas om dit netjies in posisie te hou. Versier die tafel rondom die vaas met mooi skulpe en natuurdinge. Die wit langnek-vaas is deur die kunstenaar Helen Vaughn. Die gebleikte horing, klippies en klei-voëltjie is stilis se eie. Die stoel spog nou met ’n linnekussing van Biggie Best. Die mat is van Mr Price Home.

Romanties

Romanties.

Dieselfde items lyk nou heel anders. Op die stoel is ’n oorgrootte geblomde kussing van Felicity, Home Fabrics. Die tafel is roomkleurig geverf en het ’n ekstra rakkie. In die vaas is ’n groot bos tuinblomme. Kry op die internet ’n voëltjieprent en vergroot of verklein dit met ’n fotostaatmasjien. Knip ’n paar uit en plak dit teen jou muur. Die voëlkou-kershouer is van Osiers. Die geblomde linnegordyne is van Home Fabrics. Die tafellampie is van Biggie Best. Die wit vaas is van Woolworths en die boeke van Artefect. Die mat is van Gonsenhausers Fine Rugs. Die muur is geverf met Plascon Polvin in Comfort Blue B1-D2-2.

Stillewe

Stillewe.

’n Groot bos blomme, soos pienk gipskruid, of interessante blare in ’n mooi vaas helder ’n vertrek op. En ’n raam hoef nie altyd te hang nie. Raam iets ongewoon, soos geblomde linne, bv. Tatiana van Home Fabrics. Skep ’n stillewe op ’n sytafeltjie met verskillende lae materiaal. Die linne-materiaal en die ligblou loper is van Biggie Best. Plaas die vaas op ’n deursigtige rakkie van Gift Warehouse om ’n swewende voorkoms te skep. Die fyn blombakkies is van Mustardseed & Moonflower, beskikbaar by Heartworks.

Leeshoek

Leeshoek.

Verf die sytafeltjie swart en skep ’n praktiese hoekie. Vir pakplek het ons ’n smal rakkie bo die tafel opgesit. Die hake waarop die rak rus, is potplant-hanghake (by uitsoek-kwekerye). Die boekstutte is van Lime Grove. Die spiraalrug-boekies, bokse en beker is van Mü & Me. Die kolle-aantekeningboek is van Mr Price Home en die stoel van chair crazy. Ander items is stilis se eie.