sr1002dekor_1_rz
Maak dit self

Self maak elegansiese wenke

Streep vir streep

Hang ’n vleisbord (R169,99) van Mr Price Home op ’n interessante manier teen die muur. Die kristalkersstaanders (vanaf R130) is van Woolworths. Die vleisbord (vanaf R250)  en koskoepel (R750) is van Christine Bence Interiors, beskikbaar by die Green Door Gallery. Die vinielteëls  (prys op aanvraag) is van Marley Floorworx.
 

Verf só:

Skuur die vernis met growwe skuurpapier af en sorg dat dit skoon en stofvry is. Verf die kas in die basiskleur (’n diep roomkleur) met Plascon Velvaglo (Springbok Chest Y3-C2-2). Laat word kurkdroog en verf nog ’n laag. Wanneer dié laag droog is, gebruik maskeerband van 5 cmbreed en begin plak die strepe vanaf die middel van die kas 5 cm uitmekaar. Druk die rande van die maskeerband goed vas sodat die tweede kleur nie onder dit inloop nie. Verf met die ligter kleur Plascon Velvaglo (Delicate White Y2-C2-3) die strepe. Laat dit oornag droog word en verf ’n tweede
 aag. Trek maskeerband af voor die verf heeltemal droog is en maak verfwerk netjies met ’n dun kwassie indien nodig.

Stensil ’n mooi patroon op die deure in ’n teenstellende kleur. Sien stensil op sarie.com>My styl>Woon > selfmaak

Volrond
Wit breekgoed is altyd ’n
treffer. Die bak met voetjies
(R169,99), borde met
sierrand (R119 elk) en
koekstaander (R169,99) is
van Mr Price Home.
Maak só: Verf 2 lae van die basiskleur
(Plascon Velvaglo, Comfort Blue B1-D2-2)
op die raam en laat droog word tussen
lae. Plak strepe met smal maskeerband
en verf strepe in Plascon Velvaglo
(French Kiss R6-C1-1). Verf die raam aan
die kant roomkleur en gebruik ’n Gold
Leafing Pen (by Builders Warehouse en
kunswinkels te koop) om ’n fyn goue
rand aan die binnekant van die geverfde
rand van die raam te trek. Rond die
bokant af met ’n kunshars-embleem (by
groot stokperdjiewinkels te koop), wat jy
silwer spuitverf en met No More Nailsgom
vasplak.
Ereplek
Die gordyne (R389 elk), ottoman
(R1 921) en mandjie (R359) is van
Biggie Best. Die skildery (R2 500) is
van Cathy Mcleod en beskikbaar by
die Green Door Gallery. Die
Aubison-mat (R16 500) is van
Gonsenhausers Fine Rugs. Die blou
tafeltjie (R950) is van Ancient Routes en
die kruike (R75 en R170) van O.live. Die
stoele se rugkant is met Hertex Fabrics
se Lorraine Bordeaux (R300 p.m., BTW
uitgesluit) oorgetrek. Die materiaal vir die
voorkante is ’n fabriekswinkel-vonds.
Verf só: Trek die sierkoord wat om die
rand van die stoele geplak is los en skuur
die vernis met growwe skuurpapier
af. Stoele moet silwerskoon en stofvry
wees voor jy begin verf. Verf die stoele
met Plascon Velvaglo (Springbok Chest
Y3-C2-2) en gebruik ’n dun kwas om ’n
teenstellende kleur in die groefies in te
skakeer (opsioneel). Die muurkleur is ook
Springbok Chest.
Stoepstories
Dié ou tafeltjie is ’n vlooimarkskat.
Net die tafelrand is geverf en
die blad met buitevernis
verseël. Verf die rand en pote met Plascon Velvaglo (French Kiss R6-C1-1) en die voor- en
sykante met Plascon Velvaglo Comfort
Blue.
Dek Vir jou Valentyn
Skinkborde lyk sommer gou
afgeleef. Verf hulle in jou
gunsteling-kleur (soos Plascon se
Comfort Blue) en bederf jou
Valentyn met ontbyt in die
bed. Die blou glas (R35) is van Woolworths
en die rooi glas (R19,99) van Mr Price
Home. Die roomkleurige bakkie (R105) is
van Biggie Best. Ander items stilis se eie.
Spuitverf jou ou rame
in ’n helder kleur

Gee ou rame ’n laag hoëglansspuitverf
vir ’n blitsvinnige nuwe voorkoms.
Bedek melamien met ’n
verftegniek

Skuur melamien liggies met nr. 80-
skuurpapier, vee skoon en verf ’n
onderlaag. Laat droog word. Verf met
emaljeverf ’n basiskleur, bv. rooi. Knip
uit ’n roomyshouer-deksel ’n “verfkam”.
Knip die dik rand af. Knip ongelyke
wiggies uit die een reguit rand en knip
die skerp punte gelyk. Verf ’n tweede
laag in ’n ander kleur en trek die kam
deur die nat verf. Laat droog word.
Sien sarie.com>My styl >
Woon > selfmaak vir ’n
verftegniek. Messegoed en bordjie
stilis se eie.
Kry weer houding!
Verf jou ou sytafeltjies in aksentkleure met emaljeverf soos Plascon Velvaglo om dit ’n meer moderne voorkoms te gee.