Gee só 'n ou laaikas nuwe lewe
Foto’s: RYNO Galery
’n Erg verweerde laaikassie kry splinternuwe lewe met ’n laag verf en geplakte panele.
Maak só:
|
Haal die laaie uit |
![]() |
Skroef die handsvatsles af en bewaar die skriefies veilig |
![]() |
Skuur die meeste vernis af en borsel met 'n skoon kwas oortollige stof weg. Vee ook die kassie met 'n klam lap af. Skuur nou weer 'n keer met nommer 120 skuurpapier om die oppervlak satynglad te maak. Vee weer heeltemal skoon af. |
![]() |
Verf met twee lae Plascon Velvaglo (wat geen onderlaag benodig nie) en skroef die handsvatsels terug. |
As die finale laag kurkdroog is, skroef die handvatsels terug. Meet die deurtjies se panele en knip ’n stukkie muurpapier om hierin te pas.
Plak vas met plakpapier- of spuitgom.























Kommentaar