sr0908dekor
Maak dit self

Hoe om met goudblad te werk

VOORBEREIDING

Voor jy ‘n meubelstuk aanpak, oefen eers op ‘n kleiner item. Die stappe bly dieselfde.

Berei die oppervlak voor: Dit moet skoon en droog wees en as daar vernis op is, geskuur word. Jy hoef dit nie tot op die hout af te skuur nie, maar die meeste gladde, blink vernis moet afgeskuur word.

Jou meubelstuk sal nou ‘n dowwe, vaal voorkoms hê. As jy met Velvaglo werk, hoef jy nie ‘n onderlaag te verf nie.

WAT JY BENODIG

Plascon Velvaglo in die kleur van jou keuse. Dit is die basiskleur wat gaan deurskyn tussen die krakies van die goudblad. Ons het ‘n dieprooi gekies. Velvaglo kan in enige kleur gemeng word. 1 liter sal genoeg wees om ‘n meubelstuk te verf.

Goudblad-velle (gold leaf) is by kuns- en stokperdjiewinkels te koop. Dis ook in kleure soos goud, brons, silwer en koper te kry.

Verguldingsgom (sizing).

Lyfpoeier. Die velle is baie delikaat. Die poeier aan jou vingers help om dit op te tel.

Verfkwasse en ‘n baie sagte kwas vir die afborsel van die goudblad.

MAAK SÓ

STAP 1: Verf die item/meubelstuk met 2 lae Velvaglo. Laat droog word tussen lae en skuur met fyn skuurpapier as daar enige growwe plekkies is. Werk net op ‘n klein deel op ‘n slag. Verdeel die oppervlak bv. in kwarte en werk dan met een kwart. Vryf ‘n klein bietjie opwasmiddel in die kwashare om die skoonmaak daarvan agterna te vergemaklik.

STAP 1

STAP 2: Verf een kwart met die verguldingsgom. Net ‘n dun lagie is nodig. Laat die gom effens droog word – dit moet taaierig voel. Smeer jou vingers met babapoeier en lê die vel plat neer op die gom en vryf baie versigtig glad. Voltooi blok.

STAP 2STAP 2

STAP 3: Herhaal die proses totdat die hele oppervlak verguld is. Laat kurkdroog word en borsel oortollige goudblad en goudblad wat oplig met die sagte kwas weg sodat ‘n bietjie van die basiskleur wys.

STAP 3STAP[ 4

STAP 4: Verseël met Plascon Glazecoat.

WENK: Plascon het ‘n nuwe metaalverf (Plascon Metallic) op die mark. Dit het ‘n baie mooi goud of silwer glans en items wat hiermee geverf is, lyk besonder mooi. Dit is ‘n waterbasisverf, wat beteken kwasse kan met water skoongemaak word. Dit is by die meeste groot ysterware- en verfwinkels in blikke van 1 liter en 5 liter beskikbaar.

Nuwe verf van Plascon

Kry die Augustus-uitgawe van SARIE vir nog pragfoto’s met ‘n bal-en-klou lessenaar wat met ‘n blinknuwe voorkoms spog. Vanaf 6 Julie te koop.

  • Jeannie Olsen

    Dit is ‘n baie oulike idee. Sal dit beslis probeer.

  • Shirley Muller

    n Donkerblou agtergrond pas goed by silverleaf en donker bruinrooi by gold leaf.
    Gold leaf lyk ook baie goed as jy dit met shelac verseel. As jy silver leaf met shelac verseel, word dit "dutch gild" genoem. Baie gewild op die oomblik en ook my gunsteling.

  • Hester Vermeulen

    Net wanneer ek dink ek is te oud om nou nog my besig te hou met mooi goed vir my huis maak, dan kom julle weer met die wonderlikste idees en INSPEREER my weer om jonk te voel. Dit moet sommer genoem word "Woon en terapie". Baie dankie weereens vir ‘n lekker tuisblad.