Maak dit self

Hoe om ‘n tossel te maak

 

1. Benodighede: Tou of borduurgare; stukkie mooi lint; stukkie stewige karton so lank soos die jy die tossel wil maak. Draai die tou ‘n klomp keer om die karton om ‘n lekker dik tossel te maak.

2. As dit dik genoeg omgedraai is, ryg ‘n lang lengte dubbelgevoude tou aan die bokant onderdeur die opgedraaide tou deur en knoop dit stewig vas. Knip die onderkant oop.

3. Neem die lang lengte tou en begin dit draai om die koord te maak. Hou aan draai totdat jy ‘n styf opgedraaide koord het. Moenie laat los nie.

4. Maak ‘n stewige knoop teen die bokant van die tossel om te verhoed dat die koord losspring. Ryg die oorblywende drade in die tossel weg. Bind nog ‘n stukkie tou om die lyf van die tou. Werk die stukkie lint netjies oor die tou vas.