sarie_woon_stensil
Maak dit self

GRATIS stensil vir jou en ons wys jou hoe

Laai jou voëltjie-stensil hier af deur op die dokument onder die foto (regs) te klik. Maak dit oop of stoor dit op jou rekenaar sodat jy dit altyd weer kan gebruik.

GEBRUIK JOU STENSIL SÓ

Benodigdhede:

1 vel A 4-grootte asetaat (stywe deurskynende plastiek, by kuns-en stokperdjiewinkels te koop); kunsmessie; spons of stensilkwas (ook by kunswinkels te koop); snymat; permanente pen; lakverdunner (thinners); wondergom; geskikte verf

STAP VIR STAP

1. Druk jou gekose ontwerp uit en vergroot of verklein dit op ‘n fotostaatmasjien as die grootte nie geskik is nie. Plaas asetaat bo-oor en trek die ontwerp versigtig na. Verwyder fotostaat en sny asetaat sorgvuldig op die lyne. Verwyder die uitgesnyde deel. Maak die stensil skoon met lakverdunner.

Stap 1

2. Plak klein stukkies wondergom om die buiterand van die asetaat-vel en druk vas in posisie. Vou die spons in ‘n ronde vorm en neem baie min verf op die spons. Dit moet byna droog wees.

Stap 2

3. Stip die verf liggies oor die uitgesnyde deel aan. Dit moet ‘n wolkerige effek hê en nie lyk of ‘n dik laag geverf is nie. Gaan so voort tot die hele uitgesnyde deel beverf is. Lig stensil versigtig op. Was jou stensil gereeld sodat ‘n dik laag verf nie daarop aanpak nie.

Stap 3

Wenke

As jou stensil nie te groot is nie, kan jy selfs met stokperdjieverf (craft verf) teen jou muur stensil-ontwerpe maak.

Jy gebruik baie min verf as jy stensil. Koop die kleinste hoeveelheid wat jy kan.

Gebruik materiaalverf as jy op lap stensil. Onthou om dit met ‘n warm yster te stryk om die verf te “set” en wasbaar te maak.

Stensils maak ook mooi versierings (sien ons Kersuitgawe, vanaf 9 November te koop) wat opgehang kan word aan ‘n dun toutjie, of plak dit met spieëlband teen jou muur (sien bl. 113 van SARIE WOON).

  • Lynne

    Ek is sommer lus om weer handwerk te begin doen. Dit is so maklik om te sê "ek’s nie lus nie", maar begin net of kyk `n pragboek soos SARIE WOON deur, dan byt die gogga behoorlik! Dankie!

  • ELIZETTE

    DIT HET WEER INSPIRASIE GEGEE.DANKIE SARIE.MENS RAAK SO FUTLOOS.LUI EINTLIK

  • Corrie Meyer

    Ek maak nou ekstra tyd vir die dingetjies wat deel was,en ook is van my as vrou vir my man,`n ma vir my 4mnde oue seuntjie en moeder vir my huis! SARIE EN SARIE WOON – jy bring weer al die "mooi-wees" uit wat vir lank in `n donker skatkis geberg is, en stof opgaar het!

  • http://www.milkdeco.co.za Candice Brophy

    Hi!

    I design and manufacture contemporary baby furniture! Please let me know if you would like to add us to an article or if you require images.

    Our website is http://www.milkdeco.co.za which showcases all of our products. We are also busy with a high chair and a crib.

    Have a great weekend :)

  • http://tfbnvqrrbrjt.com/ xlywdybxvgb

    UNmzBC mucbstnzqfgc, [url=http://ixncefqxzgjq.com/]ixncefqxzgjq[/url], [link=http://xoghuegkxrzz.com/]xoghuegkxrzz[/link], http://gynawgbirwdf.com/

  • Santa Topham

    O julle! Hierdie tydskrif inspireer mens verskriklik!

  • http://fjffmoslvrrw.com/ qghuslgwc

    jEbmrK miaomiedycmc, [url=http://zkyumvkjanid.com/]zkyumvkjanid[/url], [link=http://mrkpcmzdmbca.com/]mrkpcmzdmbca[/link], http://qrxbupkwlvuy.com/

  • http://uwabbcjqoltw.com/ cprumabnbd

    GiB3TF dkqyqkdeaeho, [url=http://elbnvbfvefqi.com/]elbnvbfvefqi[/url], [link=http://vznqlriwfkff.com/]vznqlriwfkff[/link], http://foapfvqiipij.com/

  • Helena Graham

    Pragtig en nuttig