Maak dit self

In die sakkie

Maak eers die stensil:

Koop ‘n vel asetaat (harde deursigtige plastiek) by ‘n kunswinkel.

Trek die kroon-patrone op die buitelyne na met ‘n permanente pen en sny donker gedeeltes uit.

Knip sakkies:

Sakkie met skulprand:
Volg die diagram en teken die patroon (skets 1) op ‘n vel papier of op materiaal uit. Sny 1 cm nate aan.

Vou materiaal lengtegewys dubbel en knip ‘n eenvoudige skulppatroon aan die bokant.

Knip ‘n belegsel om die skulprand af te werk.

Stryk voue in en stensil die ontwerp op die sakflap. Hou stensil in posisie met klein stukkies wondergom. Gebruik ‘n klein sponsie met min verf en stip die verf liggies aan. Laat droog word en stryk met ‘n warm yster om verf te fikseer.

Speld belegsel met regte kante opmekaar op die flap vas. Stik synate en belegsel vas. (Skets 2)

Maak inknippies om rand skulprand tot teen stiksel en keer om.

Stik ricrac-koord op synate vas vir versiering en ‘n stukkie lint in middel van flap en ooreenstemmend op voorkant sodat sakkie kan toeknoop.

Toeryg-sakkie

Knip ‘n strook materiaal van 75 cm lank 28 cm breed.Knip 1 cm nate aan. (Skets 1)

Vou strook dubbeld en stensil kroon(soos hierbo beskryf) in die middel van die voorkant.

Stik sye toe. (Skets 2)

Vou ‘n smal dubbelgevoude soom aan borand in en werk af met ricrac-koord.

Stik ‘n lint, 8 cm van borand op agterkant vas waarmee die sakkie toegebind word. (Skets 3)