Dekorstories

Jani se DIY-blog: Maak jou eie pragtige papier-armbande

Jani Goussard van Paint & Decor DIY blog nou vir SARIE.com. Sy deel weekliks haar nuutste projekte met ons en wys jou stap vir stap hoe om dié projekte sélf te doen. Vandag maak sy pragtige armbande, sommer uit papier, maar dít sal jy nooit raai nie.

Ek is versot op woorde, en dra gereeld my hart op my mou. Hierdie week wys ek jou hoe om jou hart om jou arm te dra – met ’n pragtige armband.

Al wat jy nodig het, is

  • Modge Podge
  • Papier met ’n mooi motief of prente daarop, of ’n bladsy uit ’n ou boek
  • Transparant-vel
  • 100-grint-skuurpapier
  • Bladgoud
  • ’n Mooi knoop
  • Lint of rekkie
  • Naald en garing

Stap 1: Armband-grootte 

Meet die omtrek van jou pols. Nou weet jy hoe groot jou papier moet wees. As jy nie reeds pragtige papier het nie en iets wil druk, kan jy ’n blokkie met dié mates op Word trek. Bepaal self hoe dik jy die armband wil hê.

Stap 2: Prente en beplanning

Noudat jy die grootte van jou armband het, kan jy met die ontwerp begin! Ek het sommer op die rekenaar my gunsteling-gedigte uitgedruk met ’n prentjie daarby. Ek het ook ander ontwerpe gemaak wat ek in kleur uitgedruk het.

WENK: As jy nie ’n drukker het nie, kan jy prentjies uit tydskrifte knip of ou boek-papier  gebruik.

1

Stap 3: Podge die transparant

Sny die transparant sodat dit dieselfde grootte as jou armband is.

Die transparant dien as ’n sterk, buigbare basis vir die prente wat die armband gaan word. Maar dit is baie glad, skuur dit effens met ’n stuk 100-grint-skuurpapier om die oppervlak net ‘n bietjie grof te maak sodat die Modge Podge beter daaraan kan vassit.

Jy is nou reg om te podge! Verf ’n lekker dik laag Modge Podge oor die transparant, posisioneer jou prentjie versigtig en verf Podge ook bo-oor die prentjie. Die Modge Podge dien as gom én seëlaar.

Nadat al jou prentjies opgeplak, of ge-podge is, verf nóg ’n paar lae Modge Podge daaroor vir ekstra beskerming (maak net seker die een laag is droog voor jy die volgende laag verf).

4 5

Ander opsie: Goue versiering

Hierdie is ’n mooi ekstra detail – goldleafing. Dit laat jou armband meer duursaam lyk en mense sal nooit raai dis van papier nie.

Om dié goue versiering te maak is maklik. Verf Gold Size (vra by enige stokperdjie-winkel) met ’n kwassie op slegs waar jy graag goud wil hê. Laat dit droër word – sodra jy voel dit het ’n taai tekstuur en is nie meer nat nie, plak jy jou goue bladgoud bo-oor en vee dit sorgvuldig plat met ’n droë skoon kwassie.

6

 

Wanneer dit droog is, kan jy dan jou gekose prentjie met Podge opverf.

Stap 4: Knope

Jou armband is nou basies klaar. Ek het sommer ’n eenvoudige knopie en rekkie gebruik – jy kan lint ook gebruik.

Werk die knoop en rek sommer met gewone naald en gare aan jou armband se punte vas.

8

Die eindproduk

9 10 11

  • Grizaan Van Rensburg

    Dis regtig pragtig en goedkoop en dit lyk baie uniek en duursaam