Maak dit self

Jani se DIY-blog: Maak ‘n swartbord-Kerskrans

Dis amper Kersfees, en in plaas daarvan om Kers-dekor by die winkels te koop, kan jy dit self maak. Dié week maak ons ’n swartbordkersraam wat ons met swartbordverf versier sodat jy al jou Kersfees-benodighede in styl kan onthou – of net ’n mooi gesegde vir die huis opskryf.

Onthou, swartbordverf in enige kleur by Paint & Décor koop in hoeveelhede van 100ml – 2 liter.

JY BENODIG:

  • ’n Basis vir jou Swartbordkrans – ek gebruik sommer’n ou stuk hardboard wat in die winkel rondgelê het.
  • Metaal-verf met ’n tekstuurbasis. (Ek gebruik Paint & Décor se Metallic in Wishing Well met die basis in ’n tekstuurverf. Ek geniet die verskil in tekstuur en afwerking maar jy kan enige verf gebruik en dit in enige kleur meng.
  • Modge Podge of kouelym en waterbasisvernis
  •  Verfkwas
  • Skêr
  • Blomraam gedruk op karton
    blomme  download blomme krans download

1. Beplan

Die papierblom-ontwerp wat ek geteken het is uitgelê sodat jy ’n krans van enige grootte daaruit kan skep. Ek druk die patroon 5 keer uit en gaan dit rangskik en plak op ’n hout bord wat 40cm x 40cm groot is. Die buiterante gaan ek in die tekstuurverf met Paint & Décor se metallic-verf versier (kleur is Wishing Well) en die binnekant van die raam in Paint & Décor se unieke swartbordverf in petunia. Trek vir jou ’n ligte sirkel waar die twee kleure mekaar ontmoet en dus ook waar jy jou raam blomme gaan plak.

2. Verf agtergrond

Verf jou eerste laag verf in die tekstuur verf. Ek gebruik tekstuur verf as die onderlaag omdat ek die verskil in afwerking geniet maar jy kan enige verf of agtergrond gebruik. Wanneer die onderlaag droog is verf twee lae van Paint & Décor se metallic verf oor (laat eerste laag goed droog word voor jy die twede laag op verf.)

2 b 2 c

3. Verf swartbord

Sjoe, dis lekker maar moeilik om ’n kleur te kies as jy enige kleur kan kies om jou swartbord in te verf! Ek het toe wel op Paint & Décor se standaard swartbordverfkleur petunia besluit. Verf die swartbordverf aan met ’n sponsroller. Verf omtrent drie lae – dit sal ’n mooi soliede dekking bied.

(WENK: Wanneer jy ’n sponsroller gebruik, verf met mening om die verf aan die oppervlak te kry maar daarna kan jy die sponrollertjie baie liggies oor die nat verf rol – dit maak die tekstuur van die verf baie glad.)

3 b 3 c - tip

4. Knip en plak

Laai hierdie handgetekende blompatroon af en fotostateer dit soveel keer jy wil (afhangende hoe groot krans jy wil maak). Rangskik die blaaie so dat jy ’n mooi sirkel vorm. Knip uit en plak!

Ek gebruik sommer kouelym wat ek regoor die hele agterkant verf. Jy kan ook Modge Podge gebruik.

4 a 4 b 4 c 4 d 4 e

5. Vernis of podge

Wanneer die gom droog is en jou krans klaar geplak – verf ’n lagie waterbasis vernis oor jou papier blom krans om dit te beskerm (ek gebruik Harlequin Paints se Exterior Varnish, dit blink effens en is lekker sterk.) Indien jy Modge Podge gebruik het om jou blomme mee te plak kan jy ’n laag modge podge nou oor verf in plaas van die vernis.

NB: Verf versigtig om die randjies van jou blom patroon, jy wil nie vernis oor jou swartbordverf kry nie want dit verhinder die swartbord-effek van die verf.

5 b 5 a

Skryf & geniet

Jy kan nou jou swartbordkrans ophang of sommer net op ’n rak sit of rondskuif deur die huis.

6 a 6 b