Maak jou eie klei-juwele
Foto’s: Ryno Galery
Deel die gees van Paasfees en dra 'n voëltjie-hangertjie om jou nek wat jy self gemaak het. So doen jy dit.
Koop selfbak-klei soos Cernit (by kuns- en stokperdjiewinkels). Brei die klei tot sag en rol dit 3 – 5 mm dun uit tussen 2 lagies waspapier.
Plaas jou ontwerp bo-op die klei. Sny dit versigtig uit met ’n kunsmessie.
Trek detail met ’n skerp voorwerp op die voëltjie en druk met ’n dik stopnaald ’n gaatjie aan die bokant en onderkant vir die ringetjies waardeur ’n kettinkie of kraal geryg word. Bak dit volgens die vervaardiger se aanwysings in die oond.
Ryg ’n ringetjie met ’n glaskraal daaraan deur die onderste gaatjie om dit gewig te gee.
Plak ’n speldjie aan die agterkant van die groter voëltjies vir ’n borsspeld. Of knip ’n voëltjie-vorm uit ’n ou roomysbak.
Plak met Pritt ’n stukkie linne bo-oor en knip uit (borduur eers ’n blommetjie op die laplyfie as jy wil).
OP DIE FOTO: Opgerolde boek (R80), T & Co. Ronde perspeks-borsspelde (R110 elk), Imagenius. Linne-tafelloper (R365), O.live.
Klik op die skakel onder die foto (regs) om dié voëltjie-ontwerpe in die korrekte groottes af te laai.
|
Voeltjie 1 |
Voeltjie 2![]() |
|
Voeltjie 3 |
Voeltjie 4![]() |
Verwante artikels
-
Breipatroon vir mantel (shrug)
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 1
Dis nou weer mode om die breipenne uit te haal! Brei hierdie snoesige mantel.
-
Hekelpatroon vir teemus
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 3
"'Ouma-sjiek' is terug, maar meer modern as tevore," sê Chassie Post, Amerikaanse leefstylredakteur. Haal dus daardie hekelpenne uit en begin
-
Maak jou eie plekmatjie vir Moedersdag
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
Letters en woorde kan kunswerke uit eie reg wees. Maak vanjaar se Moedersdag vol mooi woord-herinnerings. Maak jou eie plekmatjie met dié mooi gedig.


























Kommentaar