sr1004dekor_5_
Maak dit self

Maak jou eie klei-juwele

Deel die gees van Paasfees en dra ‘n voëltjie-hangertjie om jou nek wat jy self gemaak het. Só doen jy dit.

Koop selfbak-klei soos Cernit (by kuns- en stokperdjiewinkels). Brei die klei tot sag en rol dit 3 – 5 mm dun uit tussen 2 lagies waspapier.

Plaas jou ontwerp bo-op die klei. Sny dit versigtig uit met ’n kunsmessie.

Trek detail met ’n skerp voorwerp op die voëltjie en druk met ’n dik stopnaald ’n gaatjie aan die bokant en onderkant vir die ringetjies waardeur ’n kettinkie of kraal geryg word. Bak dit volgens die vervaardiger se aanwysings in die oond.

Ryg ’n ringetjie met ’n glaskraal daaraan deur die onderste gaatjie om dit gewig te gee.

Plak ’n speldjie aan die agterkant van die groter voëltjies vir ’n borsspeld. Of knip ’n voëltjie-vorm uit ’n ou roomysbak.

Plak met Pritt ’n stukkie linne bo-oor en knip uit (borduur eers ’n blommetjie op die laplyfie as jy wil).

Druk dié voëltjie-ontwerpe uit. 

Voeltjie 1 Voeltjie 2
Voeltjie 3 Voeltjie 4
  • http://fdtxzgqknrfk.com/ yvuvdgytt

    QeuhpJ npyjjtorpbyg, [url=http://edxupoylyfvc.com/]edxupoylyfvc[/url], [link=http://zouuwtvcktlw.com/]zouuwtvcktlw[/link], http://emrmgzjkuriv.com/