Kersfees: Maak jou eie Kersboom van karton
Foto’s: RYno & Rodger February Galery
Maak eenvoudige Kersbome van karton. Versier met als wat blink en mooi is. Hier is die aanwysings en die diagram.
Benodigdhede: 'n Stewige vel wit karton; 'n snymat; kunsmessie; 'n lang metaal-liniaal; gomstiffie soos Pritt; versierings soos sterretjies en lint.
Grootte van boom: 62 cm hoog en 50 cm breed.
Maak só (kyk na die skets en foto's): Trek 'n ligte lyn in die middel van die karton. Trek hiervolgens 'n driehoek wat die boom se buitelyne is. Gebruik 'n liniaal en sny uit. Sny ook 'n voetstuk van sowat 14 cm breed en 22 cm lank uit die orige karton. Plak 7 cm van die lengte aan die agterkant van die driehoek vas. Bind 'n strikkie daarom vas. Voetstuk: Sny 'n groot driehoek uit die orige karton. Trek 3 cm van die kant liggies 'n lyn langs die regop sy en sny liggies om die boonste kartonlaag te breek. Knak dit met die liniaal. Smeer gom aan die 3 cm-strook en plak dit in die middel aan die rugkant van die boom, met die onderkant gelyk met die voetstuk sodat dit kan staan. Versier voorkant volgens eie keuse.
LAAI DIAGRAM AF:
Om die volle diagram af te laai, klik op die pdf-dokument onder die hooffoto regs. Druk dit of stoor op jou rekenaar om later uit te druk.
Verwante artikels
-
Die geur van Kersfees
SARIE - Desember 2009
Ons onthou spesiale dae deur hul kleure én geure. 6 bekendes deel hul koester-herinnerings om Kersfees
-
Hoe maak ek bow ties en won ton-pakkies?
SARIE KOS Lente 2009
-
Hoe maak ek ravioli?
SARIE - Februarie 2005
Selfs makliker as wat almal dink
-
Kersfees-dekorwenke
SARIE - Desember 2009
Ervaar die vreugte saamdoen en saambeleef. Daar's versierings om te maak, 'n Kersboom om te tooi en 'n kostafel om te dek vir 'n saamkuier-fees!
-
Kranse van papier
SARIE - Desember 2009
Kies 'n lang, rustige Sondagmiddag om saam Kerskranse en -versierings te maak.
-
Maak 'n Advent-kalender só
SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 2
Tel die dae af! Laat Pa en die kinders jul eie Advent-kalender van stewige karton maak.
-
Maak dit self - span 'n bokkietafel in vir feeskuiers
SARIE - April 2009
-
Maak dit self- ontwerp jou eie ottoman
SARIE - September 2009
Trek jou ottoman oor en gee dit nuwe lewe1
-
Maak jou eie plekmatjie vir Moedersdag
SARIE - Mei 2010 | Kommentaar: 2
Letters en woorde kan kunswerke uit eie reg wees. Maak vanjaar se Moedersdag vol mooi woord-herinnerings. Maak jou eie plekmatjie met dié mooi gedig.
-
Maak jou voorportaal mooi met dié stensil
SARIE Januarie 2010
Kalm blou is in die kol vir elke kamer in jou huis. Gebruik hierdie stensil om 'n indruk te maak in jou voorportaal. Laai dit maklik af en ons wys jou hoe om dit te gebruik.
-
Met liefde toegedraai
SARIE - Desember 2009
Idees vir geskenke toedraai



















Kommentaar