sr0912dekor
Maak dit self

Kersfees: Maak jou eie Kersboom van karton

Benodigdhede: ‘n Stewige vel wit karton; ‘n snymat; kunsmessie; ‘n lang metaal-liniaal; gomstiffie soos Pritt; versierings soos sterretjies en lint.

Grootte van boom: 62 cm hoog en 50 cm breed.

Maak só (kyk na die skets en foto’s): Trek ‘n ligte lyn in die middel van die karton. Trek hiervolgens ‘n driehoek wat die boom se buitelyne is. Gebruik ‘n liniaal en sny uit. Sny ook ‘n voetstuk van sowat 14 cm breed en 22 cm lank uit die orige karton. Plak 7 cm van die lengte aan die agterkant van die driehoek vas. Bind ‘n strikkie daarom vas. Voetstuk: Sny ‘n groot driehoek uit die orige karton. Trek 3 cm van die kant liggies ‘n lyn langs die regop sy en sny liggies om die boonste kartonlaag te breek. Knak dit met die liniaal. Smeer gom aan die 3 cm-strook en plak dit in die middel aan die rugkant van die boom, met die onderkant gelyk met die voetstuk sodat dit kan staan. Versier voorkant volgens eie keuse.

LAAI DIAGRAM AF:

Om die volle diagram af te laai, klik op die pdf-dokument onder die hooffoto regs. Druk dit of stoor op jou rekenaar om later uit te druk.

  • udlbee

    wQqmZY jtrxbzdcvmin, [url=http://oenijsnsfnlg.com/]oenijsnsfnlg[/url], [link=http://keclifujlgvc.com/]keclifujlgvc[/link], http://aglfeclfpeoc.com/