Met liefde toegedraai

Deur Anita Rossouw & Lounette Fourie, SARIE - Desember 2009

Met liefde toegedraai Foto’s: Ryno Galery

Idees vir geskenke toedraai

Met 'n paar velle snees- en wit papier kan jy pakkies stylvol toedraai en versier.

1. Fotostateer 'n stuk wit kant op swart papier. Versier met sagtepienk lint.

2. Knip papier-repies met 'n tandjie-skêr en maak 'n sterretjie daarvan.

3. Skeur papierstroke van 4 cm breed en plak aanmekaar om lusse te vorm. Plaas lusse skuins oor mekaar omstrik te vorm.

4. Maak 'n plat strik van riffelkarton.

5. Knip 'n papier-gespe uit en ryg 'n lint daardeur.

6. Ryg knopies en 'n papierblom aan dun rek en draai dit om 'n pakkie.

7. Plak die bokant van 'n pakkie toe met papierblomme wat jy uitgeknip het.

8. Beplak 'n stukkie oorskietlint met silwer sterretjies en draai om 'n pakkie.

Verwante artikels

  • Kersfees-dekorwenke

    Kersfees-dekorwenke

    SARIE - Desember 2009

    Ervaar die vreugte saamdoen en saambeleef. Daar's versierings om te maak, 'n Kersboom om te tooi en 'n kostafel om te dek vir 'n saamkuier-fees!

  • Kersfees: Maak jou eie Kersboom van karton

    Kersfees: Maak jou eie Kersboom van karton

    SARIE - Desember 2009

    Maak eenvoudige Kersbome van karton. Versier met als wat blink en mooi is. Hier is die aanwysings en die diagram.

  • Kranse van papier

    Kranse van papier

    SARIE - Desember 2009

    Kies 'n lang, rustige Sondagmiddag om saam Kerskranse en -versierings te maak.

  • Maak 'n Advent-kalender só

    Maak 'n Advent-kalender só

    SARIE - Desember 2009 | Kommentaar: 2

    Tel die dae af! Laat Pa en die kinders jul eie Advent-kalender van stewige karton maak.

Kommentaar

  • Ek is mal oor wat jul gedoen het, dit lyk pragtig! Dit is vars en sag en lyk sommer stunning. Dink julle is defnitief inspirasie vir baie mense, van jonk tot oud en dit is wat jul boek so interessant maak. hou dit so, jul doen n puik werk

    19de Jul. 2011, 05:49