Maak dit self

Met liefde toegedraai

Met ‘n paar velle snees- en wit papier kan jy pakkies stylvol toedraai en versier.

1. Fotostateer ‘n stuk wit kant op swart papier. Versier met sagtepienk lint.

2. Knip papier-repies met ‘n tandjie-skêr en maak ‘n sterretjie daarvan.

3. Skeur papierstroke van 4 cm breed en plak aanmekaar om lusse te vorm. Plaas lusse skuins oor mekaar omstrik te vorm.

4. Maak ‘n plat strik van riffelkarton.

5. Knip ‘n papier-gespe uit en ryg ‘n lint daardeur.

6. Ryg knopies en ‘n papierblom aan dun rek en draai dit om ‘n pakkie.

7. Plak die bokant van ‘n pakkie toe met papierblomme wat jy uitgeknip het.

8. Beplak ‘n stukkie oorskietlint met silwer sterretjies en draai om ‘n pakkie.

  • Yolande Everton

    Ek is mal oor wat jul gedoen het, dit lyk pragtig! Dit is vars en sag en lyk sommer stunning. Dink julle is defnitief inspirasie vir baie mense, van jonk tot oud en dit is wat jul boek so interessant maak. hou dit so, jul doen n puik werk

  • gehkibvbauy

    ft2WZe dnhlieuqlfvx, [url=http://guuevcoentrq.com/]guuevcoentrq[/url], [link=http://nmwgoqzbrxmo.com/]nmwgoqzbrxmo[/link], http://uuchvlfbfhjy.com/