Kersfees-'muurpapier' vir jou rekenaarskerm
Bling jou rekenaarskerm met 'n spesiale SARIE-'muurpaper', spesiaal vir jóú ontwerp vir die feestyd! Druk ook in dié moeilike ekonomiese tye jou eie geskenkkaartjies uit. So maak jy . . .
GRATIS GESKENKKAARTJIES
Jy kan ook die mooiste geskenkkaartjies GRATIS vir jouself uitdruk. Maak die PDF-dokument by hierdie artikel oop, en druk uit op jou kleurdrukker. Die stippellyne sal aandui waar jy die kaartjies netjies moet knip.
MUURPAPIER VIR JOU REKENAARSKERM
Ons het 3 verskillende formate rekenaar-muurpapier geskep sodat daar 'n formaat is wat op jóú rekenaarskerm sal pas. Laai die een af wat die naaste is aan jou rekenaarskerm-grootte (ons sal die naaste grootte vir jou aandui).
HOE LAAI EK DIT AF?
Klik op die foto wat die naaste aan jou rekenaarskerm-grootte is. Gaan maak vinnig 'n koppie tee/koffie terwyl dit aflaai. Sodra dit afgelaai is, moet jy op die foto regsklik en die volgende kies: "Set as Desktop Background".
Kies die 'Stretch'-opsie. Dit sal verseker dat die foto oor die wydte en diepte van jou rekenaarskerm strek.
Vóila!

















Kommentaar
Helena het gesê:
Sag en rustig op die oog. Dankie vir iets moois,
14de Des. 2011, 17:04Anlia Pieterse het gesê:
Dankie, dis baie mooi!
14de Des. 2011, 11:55Trizelle Schoeman het gesê:
Baie dankie Sarie, dit lyk so pragtig op my skootrekenaar!
23ste Nov. 2011, 16:13Rita Pretorius het gesê:
Pragtig, wat 'n fees om na te kyk!
19de Nov. 2011, 21:16Elize het gesê:
Dankie, so rustig om na te kyk.
17de Nov. 2011, 14:09Marietjie het gesê:
Dankie Sarie hierdie is PRAGTIG!
17de Nov. 2011, 11:07Willie en Marietjie van Rooyen het gesê:
Dis 'n gawe geskenk waar alles so duur is en niks meer "verniet" is nie! Sarie BO!
17de Nov. 2011, 09:56ElizeBarnardt het gesê:
Dankie! Julle bederf ons op allerlei maniere, dit is 'n pragtig en kry ons sommer in die regte stemming vir die feesseisoen.
16de Nov. 2011, 16:16Christa het gesê:
Nou begin die Kersfees-gees my jaag!
16de Nov. 2011, 13:30Lorraine het gesê:
Baie dankie, ek het dit sommer dadelik gedoen!
16de Nov. 2011, 12:34Renee Grierson het gesê:
Dankie, en dit is ook in my gunsteling kleur.
16de Nov. 2011, 11:47Christa het gesê:
Spoggerig! Dankie
15de Nov. 2011, 22:26