Square 6-1
Maak dit self

Kom hekel saam – Blok 6

Dis nou tyd om die hekelpenne en breidraad uit te haal en dié mooi blokkieskombers te hekel. Elke Woensdag en Vrydag – vir die volgende 6 weke – kan jy ’n nuwe blokkie-patroon aflaai! 

Die kombers bestaan uit 24 blokkies, jy moet dus 2 blokkies van elke patroon hekel. Jy het ‘n basiese kennis van hekel nodig om die kombers te voltooi. Vir die Engelse weergawe gaan na die webtuiste Elle.

Grootte, afkortings en afwerking:

Kom hekel saam – Blok 1
Kom hekel saam – Blok 2
Kom hekel saam – Blok 3
Kom hekel saam – Blok 4
Kom hekel saam – Blok 5

kombers

Ekstra afkortings:

V-st = (1 lb, 1 ks, 1lb) in aangewese plek.

Let wel: (#) dui aan wanneer jy die draad moet afknip en met ’n nuwe kleur begin.

Benodigdhede            

Elle Family Knit-dubbeldraad (50 g-bolle) in die volgende kleure: 1 bol van elk in wit 001, Gravel 075, Antique 049, Coral Rose 054 en Watermelon 205; 3,5 mm-hekelpen

#Blok 6

Square 6-1

Hekel so

Neem kleur Watermelon en maak ’n lus.

1e rdte: 3 ks (= 1 lb), 1 ks, (1 lb in ring, 1 ks) 7 keer, trek lus styf, gs in 3e ks.

2e rdte: Gs in 1-ks-sp, 3 ks (= 1 lb), 1 ks, 1 lb in dies ks-sp (=v-st), ( 1lb, v-st) in dies sp, * slaan 1-ks-sp oor, (v-st, 1 lb, v-st) in vlg 1-ks-sp, her van * nog 2 keer, gs in 3e ks.

3e rdte: Gs in 1-ks-sp, 3 ks (= 1 lb), 1 ks, 1 lb in dies 1-ks-sp (= v-st), * slaan 1 lb oor, 3 lb in vlg lb (= lb tussen v-ste se lb), v-st, in vlg v-st, 1 ks **, v-st in vlg v-st, her van * nog 2 keer, dan van * tot ** nog een keer, gs in 3e ks, knip draad af.

4e rdte: Neem kleur Antique, gs in 1-ks-sp,3 ks (= 1 lb), 1 lb in dies 1-ks-sp, * 1 ks, v-st in sp tussen 1e en 2e lb van 3 lb-groep, v-st in sp tussen 2e en 3e lb van 3 lb-groep, 1 ks, 2 lb in v-st, 2 ks **, 2 lb in vlg v-st, her van * nog 2 keer, dan van * tot ** nog 1 keer, (#) gs in bopunt van 3 ks.

5e rdte: Neem wit, 3 ks (= 1 lb), 1 lb in dies plek as gs, * 1 lb in vlg lb, 1 ks, v-st in v-st, 1 lb in sp tussen v-ste, v-st in v-st, 1 ks, 2 lb in vlg lb, 1 lb in vlg lb, 2 ks **, 2 lb in vlg lb, her van * nog 2 keer, dan van * tot ** nog 1 keer, (#) gs in bopunt van 3 ks.

6e rdte: Neem kleur Gravel, 3 ks (= 1 lb), 1 lb in elk van vlg 2 lb, * 2 ks, 2 lb in v-st, 1 lb in sp tussen   v-st en lb, 1 lb in sp tussen lb en vlg v-st, 2 lb in v-st, (2 ks, 1 lb in elk van vlg 3 lb) ** 2 keer, her van * nog 2 keer, dan van * tot ** nog 1 keer, 2 ks, gs in bopunt van 3 ks, h/af.

7e rdte: Neem kleur Coral Rose, gs in 2-ks-sp na beg 3 lb, 4 ks (= 1 dsl), 7 dsl in dies ks-sp, *1 kb in sp tussen 3e en 4e lb, 8 dsl in vlg 2-ks-sp, 3 kb in vlg 2-ks-sp **, 8 dsl in vlg 2-ks-sp, her van * nog 2 keer, dan van * tot ** nog 1 keer, gs in bopunt van 4 ks, h/af.

8e rdte: Neem kleur Antique, gs in enige enkel kb tussen waaiers, 3 ks (= 1 lb), * 1 ks, slaan 2 dsl van waaier oor, 2 kb in vlg dsl, 1 kb in elk van vlg 2 dsl, 2 kb in vlg dsl, 1 ks, 2 lb in kb, (1 dsl, 1 ks, 1 dsl) in vlg kb, 2 lb in vlg kb, 1 ks, slaan 2 dsl van waaier oor, 2 kb in vlg dsl, 1 kb in elk van vlg 2 dsl, 2 kb in vlg dsl, 1 ks, 1 lb in kb, her van * rondom, laat laaste lb in kb uit, (#) gs in 3e ks.

9e rdte: Neem wit, 1 ks (nie ’n st), 1 kb in dies plek as gs, * 1 kb in 1-ks-sp, 1 kb in elk van vlg 6 kb, 1 hlb in 1-ks-sp, (4 lb, 2 ks, 4 lb) in 1-ks-sp tussen dsl-ste, 1 hlb in 1-ks-sp, 1 kb in elk van vlg 6 kb, 1 kb in 1-ks-sp, 1kb in lb, her van * rondom, laat laaste kb in lb uit, (#) gs in 1e kb.

10e rdte: Neem kleur  Watermelon, 3 ks (= 1 lb), *(slaan 1 st oor, 1 lb in vlg st, 1 lb in st oorgeslaan) 6 keer, (2 lb, 2 ks, 2 lb) in hoek 2-ks-sp, (slaan 1 st oor, 1 lb in vlg st, 1 lb in st oorgeslaan) 6 keer, 1 lb in vlg kb, her van * rondom, laat laaste lb in kb weg, (#) gs in bopunt van 3 ks.

11e rdte: Neem kleur  Gravel, 1 ks ( nie ’n st), 1 kb in dies plek as gs, 1 kb in elke lb tot by hoek en (1 kb, 2 ks, 1 kb) in elke hoek 2-ks-sp rondom, (#) gs in 1e kb.

12e rdte: Neem kleur Coral Rose, 1 ks (nie ‘n st), 1 kb in dies plek as gs, 1 kb in elke kb tot by hoek, (1 kb, 2 ks, 1 kb) in elke hoek 2-ks-sp rondom, (#) gs in 1e kb.

13e rdte: Neem kleur wit en hekel soos 12e rdte, h/af.  

 Kry die volgende blokkie HIER.