Kranse van papier

Deur Anita Rossouw & Lounette Fourie, SARIE - Desember 2009

Kranse van papier Foto’s: Ryno Galery

Kies 'n lang, rustige Sondagmiddag om saam Kerskranse en -versierings te maak.

Aanwysings:
 
Groot krans:
 

*Neem wit A3-velle en 'n stukkie swart papier.
*Knip wit blomme van verskillende groottes en plak 3 verskillende groottes op mekaar vas.
*Plak 'n silwer sterretjie in die blomkroon.
*Knip 'n voëltjie (of enige motief) uit swart papier en plak vas op'n kartonring (sny dit sommer uit 'n ou boks).

Kleiner blomkranse:
 
*Skeur repe papier van sowat 4 cm breed.
*Trek 'n potloodstreep 1 cm vanaf een lang kant en maak 'n klomp snytjies digby mekaar tot by die potloodstreep.
*Rol taamlik styf op, plak vas en druk die "blomblare" oop.
*Druk met 'n mooi speld vas op 'n oase-ring wat jy met repe papier toegedraai het.
Ander kranse:
 

*Verf ou kranse wit. Knip sterre uit wit papier en plak - met klein silwer sterretjies tussenin - op die krans.
*Versier verder (soos die groter krans) met voëltjies en sterretjies.

Verwante artikels

Kommentaar