sr0912dekor_1_whiterz
Maak dit self

Kranse van papier

Aanwysings:
 
Groot krans:
 

*Neem wit A3-velle en ‘n stukkie swart papier.
*Knip wit blomme van verskillende groottes en plak 3 verskillende groottes op mekaar vas.
*Plak ‘n silwer sterretjie in die blomkroon.
*Knip ‘n voëltjie (of enige motief) uit swart papier en plak vas op’n kartonring (sny dit sommer uit ‘n ou boks).

Kleiner blomkranse:
 

*Skeur repe papier van sowat 4 cm breed.
*Trek ‘n potloodstreep 1 cm vanaf een lang kant en maak ‘n klomp snytjies digby mekaar tot by die potloodstreep.
*Rol taamlik styf op, plak vas en druk die “blomblare” oop.
*Druk met ‘n mooi speld vas op ‘n oase-ring wat jy met repe papier toegedraai het.
Ander kranse:
 

*Verf ou kranse wit. Knip sterre uit wit papier en plak – met klein silwer sterretjies tussenin – op die krans.
*Versier verder (soos die groter krans) met voëltjies en sterretjies.