kathy_henderson_celtic_nites
Maak dit self

Kunstig gemaak

Bemeester die kuns om jou huis met interessante uitstalgoed in te kleur. Dit sal enigeen tuis laat voel.

A
POPPIE VIR KRALE

Benodigdhede
’n Stukkende pop; ’n tappen (dowel); ’n ronde houtskyfi e as voetstuk; gipspoeier; wit handgemaakte papier; plakpapiergom.

Maak só
• Trek die kop, arms en bene van die pop af. Sny net onderkant die heupe af met ’n skerp messie sodat die lyf oop is.
• Saag die tappen en druk een lengte deur die armsgate en die ander lengte van onder tot in die pop se nek.
• Boor ’n gat in die ronde skyf volgens die deursnit van die tappen en druk dit daarin sodat die pop kan staan.
• Maak gips aan, keer pop onderstebo en vul lyfholte met gips.
• Laat droog word.
• Skeur stukkies papier, week dit in plakpapiergom en plak die hele lyfi e asook die arms en staander daarmee toe.
• Indien verkies, kan ’n plat kraal op die armpunte en bokant van nek geplak word.

B
SWART EN WIT BLIKKIE

Benodigdhede
’n Ou blikkie; wit en swart handgemaakte papier; gomstiffie soos Pritt.

Maak só
• Merk die papier in blokkies van 2 cm x 2 cm en skeur dit eers in repies met ’n liniaal en daarna in blokkies.
• Plak dit in rye rondom die blikkie.
• Indien verkies, kan jy ’n lagie of twee decoupagevernis (“podge”) oor die papier verf om dit te beskerm.

C
’N BAL-EN-KLOU-TAFEL
is kwistig en kunstig met die verfkwas bygekom om dit ’n kontemporêre gevoel te gee.

Mariëtte het kobaltblou (vir die pote) en lemmetjiegroen PVA baie met water verdun voor
sy dit geverf het. Daarna het sy dit goed laat droog word. Raw Umber (by kunswinkels te
koop) is met terpentyn verdun – vee dit oor die hele tafel. Laat droog word en seël met mat,
kleurlose vernis. Die tafel moet glad en skoon geskuur wees voor jy begin.

D
PLANTJIES IN KOPPIES
Sit kleur in jou vensterbank met ’n ry koppies vol plantjies. Dit sal vir minstens twee weke baie plesier verskaf.

Benodigdhede
Ou porseleinkoppies; saailinge wat blom; fyn gruis; potplantgrond.

Maak só
• Voer die koppie uit met ’n klein stukkie plastiek om dit te beskerm.
• Plaas gruis onder en plant een plantjie in elke koppie.
• Maak gereeld nat.
• Plant uit as dit ophou blom.

E
Moenie bang wees vir verf nie. Dis nou mode om kaste en meubels te verf. Geel (bv. Plascon se Peanut Cream) vorm ’n baie mooi agtergrondkleur teen die mure. Gebruik die sementverf Cemcrete (kleur: Corn) teen die mure vir ’n gewaste voorkoms met tekstuur. Die verweerde  voorkoms op kaste is verkry deur PVA-verf met water te verdun, dit op die ru hout te verf sodat dit in die grein intrek en dan ruweg met ’n houtskaaf af te werk. Verf daarna met twee lae waterdigte, kleurlose vernis.