Gratis Kerskaartjies op www.sarie.com
Hierdie feestyd spaar www.sarie.com jou baie moeite met Kerskaartjies: Laai joune gratis hier af!
Ons het 'n paar verskillende ontwerpe waaruit jy kan kies – al wat jý moet doen, is om dit uit te druk en te knip. Die tags is ideaal vir geskenkpakkies en in die groter kaartjies kan jy 'n langer boodskap skryf.
Só maak jy, stap-vir-stap:
- Klik op die ontwerp wat jy wil aflaai, hier langsaan waar daar staan "laai af" (nie op die galery nie, dit is net 'n voorskou vir jou om te sien hoe die ontwerpe lyk).
- Die ontwerp sal dan in 'n program, Adobe Acrobat, oopmaak.
L.W.: Dis 'n algemene formaat, maar indien jy nie dié program het nie, stoor die dokument op 'n flash disk of CD en laat dit by jou naaste drukker uitdruk. - Druk dit op A4-papiergrootte uit op die papier van jou keuse.
- Knip dit in lyn met die hoekies (crop lines) wat op die ontwerp aangebring is.
- Vou die kaartjie(s).
- Skryf 'n persoonlike boodskap vir jou vriende en geliefdes.
'n Geseënde Kersfees van ons almal by www.sarie.com!
Verwante artikels
-
'n Kerswens van SA sanger Leon Schoeman
SARIE - Desember 2009
-
Breipatroon vir mantel (shrug)
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 1
Dis nou weer mode om die breipenne uit te haal! Brei hierdie snoesige mantel.
-
Hekelpatroon vir teemus
SARIE - Junie 2009
"'Ouma-sjiek' is terug, maar meer modern as tevore," sê Chassie Post, Amerikaanse leefstylredakteur. Haal dus daardie hekelpenne uit en begin
-
Laai jou gratis kerskaartjies af
SARIE - Desember 2010 | Kommentaar: 8
Maak hierdie Kersfees jou eie kerskaartjies




















Kommentaar
Yvette het gesê:
Altyd voorwaar 'n wenner om so kreatief te wees veral as 'n mens se geldsake noustrop trek. Dankie Sarie vir jul puik idees. Ek versamel al klaar en bere in my flipleer. Dit gee 'n mens inspirasie veral as Kerstye nader kom in 2011. (Ek weet dis nog ver)
19de Jan. 2011, 15:52irene van heerden het gesê:
Stunning, baie dankie sarie.
7de Des. 2010, 20:55Edna het gesê:
dis baie vindingryk!
7de Des. 2010, 15:02WILMA het gesê:
BAIE DANKIE SARIE VIR DIE MOOI KAARTJIES DIT HET BAIE GELD EN TYD GESPAAR OM TE MAAK.
22ste Des. 2009, 14:15Welma het gesê:
Dankie vir die klein geskenk-kaartjies. Ek het vir my bejaarde moeder kaartjies gedruk en haar geldjie gespaar. Welma
14de Des. 2009, 09:18Rochellè Hodson het gesê:
dankie vir die oulike bederfie - dit gaan beslis gebruik word! hou aan met 'n STUNNING tydskrif
11de Des. 2009, 12:17Martha JvRensburg het gesê:
Dis fantasties, DANKIE SARIE! Dis soooo mooi. WOW
11de Des. 2009, 10:51Chané van Aardt het gesê:
Baie dankie vir die mooi kaartjies - net wat ons nodig het! Nataniel - jy is en sal altyd my held wees. Dankie vir alles wat jy is.
24ste Nov. 2009, 11:11Hanlie Delport het gesê:
Ek het hoeka besluit om vanjaar meer tyd en "van myself" in die geskenke in te sit omdat ons heeljaar so besig was! Dit is 'n baie oulike idee - doen so voort!
17de Nov. 2009, 09:03Sandra O'Connell het gesê:
'n Mens het altyd 'n keuse - dankie SARIE dat jy ook vir ons die keuse gee om in jou te lees wat ons wil en die res oor te slaan. Julle moet almal tevrede stel en dit is moeilik. BAIE dankie vir die kerskaartjie-present - dit is stunning!
16de Nov. 2009, 09:16Joeline het gesê:
Baie dankie Sarie in hierdie dae waar dit so moeilik gaan is dit n lekker presentjie.( Jammer van Amor nie gedink julle sal in so geldmaakstorie betrokke raak nie)
13de Nov. 2009, 09:07Mariette de Kock het gesê:
Sjoe, maar dis MOOI!!!!
12de Nov. 2009, 20:24Carina meyer het gesê:
Dit is pragtig!! Net wat ons nodig het in hierdie moeilike ekonomiese toestande en dit voel nog soos speel ook. Dankie Sarie
12de Nov. 2009, 16:42Wanda het gesê:
Dit is pragtig en stylvol - voorwaar 'n wenner!
12de Nov. 2009, 15:42Retha het gesê:
Baie dankie Sarie, dit is n oulike idee om mee kreatief te raak.
12de Nov. 2009, 14:39Debbie het gesê:
Baie Dankie Sarie - Wat 'n wonderlike bederf...
12de Nov. 2009, 13:10