Lekker slaap
Foto’s: RYno Galery
Maak 'n nuwe kopstuk vir jou bed. Ons wys jou hoe.
Voëltjie-ontwerp
Druk die ontwerp uit (klik op die skakel onder die foto regs) en vergroot op 'n fotostaatmasjien tot die grootte wat jy verlang (ons voëltjie is 20 cm van sy bekkie tot die punt van sy stert).
Knip die voëltjie en blare uit, plaas voëltjie min of meer in die middel van die voorste lap van die kopstuk en trek liggies na met 'n verdwyn-inkpen of wit bordkryt.
Teken self takkies in die vorm van golwende lyne.
Neem nou die papiervoëltjie en blare, knip uit ongebleikte katoen en speld in posisie op voorste lap.
Gebruik growwe borduurgare in 'n room kleur en werk voëltjie met komberssteke vas.
Werk oneweredige komberssteke vir vlerk en werk 'n kraal of knopie vir ogie vas.
Werk blare vas met slegs 'n paar rygsteke in die middel. Werk takkies in kettingsteke.
Maak sommige takke dikker deur 'n dubbele ry kettingsteke te werk.
Kopstuk
Koop ’n stuk linne (bv. Hertex Fabrics se Toscana Natural, sowat R750 p.m.) wat groot genoeg is om oor jou bedkopstuk te pas.
Drapeer lap oor kopstuk met verkeerde kant na buite en speld kante af.
Haal af en trek synate na met ’n verdwyn-inkpen. Maak spelde los en vou materiaal oop. Trek voëltjie-ontwerp na op voorkant.
Voltooi borduur- en appliekwerk.
Stik op synaatlyne, keer om en trek oor kopstuk.
OP FOTO:
Keramiek-kruis (prys op aanvraag), Helen Vaughan. Antieke Tibettaanse kussingslope (R405 elk), Lim. Antieke linnelaken met monogram (R1 650) en houtstoeltjie (R2 900), Le Brocanteur. Wit oorgooi-kombersie (R99), Mr Price Home. Boekstapel (R390) en blou linnestoel (R6 500), T & Co. Gehekelde lampskerm (R650), O.live. Ander items stilis se eie.
Verwante artikels
-
'n Middagslapie...
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
-
Breipatroon vir mantel (shrug)
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 1
Dis nou weer mode om die breipenne uit te haal! Brei hierdie snoesige mantel.
-
Hekelpatroon vir teemus
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 3
"'Ouma-sjiek' is terug, maar meer modern as tevore," sê Chassie Post, Amerikaanse leefstylredakteur. Haal dus daardie hekelpenne uit en begin
-
Maak jou voorportaal mooi met dié stensil
SARIE Januarie 2010
Kalm blou is in die kol vir elke kamer in jou huis. Gebruik hierdie stensil om 'n indruk te maak in jou voorportaal. Laai dit maklik af en ons wys jou hoe om dit te gebruik.


















Kommentaar