img_8165
Maak dit self

Maak self ‘n los oortreksel vir jou ottoman

As jy ‘n naat kan stik, is dit byna so maklik soos om ‘n oortreksel te gaan koop. Dis net soveel lekkerder om met jou eie skepping te kan spog.

Voor jy begin:

Neem die korrekte mate. Meet vanaf die vloer, regoor die ottoman tot weer op die vloer. Meet oor die lengte en breedte as jy meer as 1 ottoman gebruik. Laat 5 cm toe vir some reg rondom. Koop materiaal hiervolgens aan. Dieselfde metode word gebruik vir 1 of 3 ottomans wat styf teen mekaar geskuif is vir ‘n groter koffietafel.

1. Gooi die ottoman gelyk toe en laat genoeg toe vir some.

2. Speld die hoeke netjies af dat dit knus oor die ottoman pas. Haal die oortreksel af en stik die vier hoeke vas. Knip oortollige materiaal by die hoeke af en knip die soom gelyk.

3. Trek die oortreksel verkeerdom oor die ottoman en speld die soom netjies in. Stik, stryk, keer om en trek oor die ottoman.

4. As jy ‘n vol gestoffeerde ottoman wil maak, volg die aanwysings hierbo, maar kram die oortollige materiaal aan die onderkant weg voor jy die pote vasskroef.