FOTO: Willem Loubser

Maak dit self

Maak dit self: Kaktus-appliek

Maak self dié appliek op die vakdoek. Ons wys jou stap vir stap!

Benodighede

  • Diggeweefde vadoek
  • Afvallappies
  • Naald en gare
  • Bruin borduurgare

Maak dit self appliek kaktus karoo

Doen dit só

Stap 1 en 2

Druk die *kaktus-ontwerp op jou tuisrekenaar uit en knip papierpatroondele sonder naattoelatings uit.

Kies jou lappies en speld die uitgeknipte papierpatrone op die verkeerde kante van die lappies. Knip uit met ‘n 5 mm-naattoelating rondom elke lappie.

Stap 3

Vou die nate om die papiervorms en ryg vas. By kurwes, soos die ronde blare, kan jy eers fyn rygstekies met die hand op die materiaal werk, so na as moontlik aan die rand en dit intrek sodat dit om die papier vou.

Maak dit self appliek kaktus karoo

Stap 4 en 5

Stryk some plat.

Verwyder rygsdrade en papiervorms.

Stap 6 en 7

Speld die dele op die vadoek volgens die foto vas.

Werk elke deel met oorhandstekies vas.

Stap 8

Neem enkeldraad-borduurgare en werk enkel-vliegsteke vir die dorings.

Maak dit self appliek kaktus karoo

*Laai dié ontwerp HIER af (Regs-klik en stoor op jou rekenaar) ontwerp1ontwerp2