FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

Maak dit self

Maak dit self: Koperblad-detail op jou blompotte

Versier sélf jou blompotte met koperblad só …

Benodighede: 

  • Glaspotte
  • koperblad (jy kry ook goud-, ougoud en silwerblad)
  • Koperbladgom (sizing)
  • Goudbladkwas of ’n kwas met baie sagte hare
  • Smal kwas
  • Poeier
  • Opwasmiddel

IMG_0180

Stap 1:

Vryf ’n druppel opwasmiddel in die smal kwas se hare. Dit help om jou kwas makliker skoon te maak. Verf ’n streep of ontwerp vryhand met die  gom op die glaspot. Laat dit ’n rukkie droog word totdat dit taaierig voel.

Smeer babapoeier aan jou vingers en die goudbladkwas en lig die velletjie versigtig op. Die poeier help om dit op te lig. Plaas dit versigtig op die taai streep en druk baie saggies met jou vingerpunte vas. Gaan so voort tot die streep bedek is. Laat oornag droog word.

Stap 2:

Laat verkieslik oornag droog word en borsel die oortollige koperblad versigtig af met die sagte kwas.

IMG_0181