Maak dit self - span 'n bokkietafel in vir feeskuiers
Foto’s: Ryno Galery
Gesinstyd saam
Verf die blad om dit 'n nuwe voorkoms te gee. Die bokant is tong-en-groef, wat dit maklik maak om strepe te verf. Vir netjiese verfwerk kan jy maskeerband op die lyne van die groefies plak voordat jy die tweede kleur strepe verf. Maak 'n mooi bewer (mobile) van 'n balie-ring (R240) van Rhubarb Room, wat jy bo jou tafel ophang.
Gebruik handgemaakte papier, knip dit tot poskaart-grootte en versier met mooi prente of plakkers. Ons het Rhubarb Room se plakkers (R10 per vel) gebruik. Hang op aan natuurlike tou, en hang vere en uitgeblaasde eiers, wat jy goud verf, tussenin. Die tafellamp (R499), waterkraffie (R99,95) en glas (R49,95) is van Woolworths. Die ellelange linnetafelloper (R450) en oorgroot glasmaatbeker (R395) is van O.live. Die porselein-hasies (R80 en R100) is van Homebaked en beskikbaar by Heartworks. Die roomkleurige dik glassilinder (R795) is van Weylandts. Die bêremandjies (R210) is van Home & Interiors. Ander items, stilis se eie.
Wenk: Laat saag 2 rakkies wat tussen die opvoupote pas vir ekstra bêreplek
Hier's nog selfmaak-wenke
![]() |
Kreatief-ENERGIEK Met los veertjies, uitgeblaasde hoendereiers en mooi prente kan jy treffende pleknaam- kaartjies of versierings maak. Maak plekname só: Skeur 'n stukkie handgemaakte papier tot 'n grootte van 15 x 10 cm. Plak 'n klein prentjie of plakkertjie op om die gas se naam op te skryf (sien Vonds van die maand). Of plak 'n mooi veertjie bo-aan 'n kaartjie, pons 'n gaatjie in en ryg 'n toutjie deur. Speld of plak dit dan aan jou stoel se rugkant vas. |
![]() |
KUIERTAFEL kaartjies (R10 elk) van Rhubarb Room en sjokolade-hase en -eiers van Clicks. Rangskik wit lekkergoed-eiers en goue eiers op 'n koekstaander vir die middel van die tafel. Die tafeldoek (R299,99) is van Mr Price Home, die breekgoed Die glase (R35 elk) is van Poetry en die staankandelaar WenkPlascon se Rich Gold Paint (beskikbaar by Builders Warehouse) sorg vir die |
![]() |
Fees-ATMOSFEER Wenk
Koop kwaste met ligte hare (vanaf R6) by Builders Warehouse vir verfwerk. |
Verwante artikels
-
Kersfees: Maak jou eie Kersboom van karton
SARIE - Desember 2009
Maak eenvoudige Kersbome van karton. Versier met als wat blink en mooi is. Hier is die aanwysings en die diagram.
-
Kom kuier saam
SARIE - April 2009
Van Paasfees tot Kersfees. Belê in ’n bokkietafel en span dit in – elke keer!
-
Maak papierblomme en plekmatjies - ons wys hoe
SARIE - November 2010
Ons dekor-redakteurs, Anita Rossouw & Lounette Fourie, wys jou hoe om jou teetafel maklik en goedkoop te versier met die volgende 2 idees
























Kommentaar