sr0904paasfees05xrz
Maak dit self

Maak dit self – span ‘n bokkietafel in vir feeskuiers

Gesinstyd saam

Verf die blad om dit ‘n nuwe voorkoms te gee. Die bokant is tong-en-groef, wat dit maklik maak om strepe te verf. Vir netjiese verfwerk kan jy maskeerband op die lyne van die groefies plak voordat jy die tweede kleur strepe verf. Maak ‘n mooi bewer (mobile) van ‘n balie-ring (R240) van Rhubarb Room, wat jy bo jou tafel ophang.

Gebruik handgemaakte papier, knip dit tot poskaart-grootte en versier met mooi prente of plakkers. Ons het Rhubarb Room se plakkers (R10 per vel) gebruik. Hang op aan natuurlike tou, en hang vere en uitgeblaasde eiers, wat jy goud verf, tussenin. Die tafellamp (R499), waterkraffie (R99,95) en glas (R49,95) is van Woolworths. Die ellelange linnetafelloper (R450) en oorgroot glasmaatbeker (R395) is van O.live. Die porselein-hasies (R80 en R100) is van Homebaked en beskikbaar by Heartworks. Die roomkleurige dik glassilinder (R795) is van Weylandts. Die bêremandjies (R210) is van Home & Interiors. Ander items, stilis se eie.

Wenk: Laat saag 2 rakkies wat tussen die opvoupote pas vir ekstra bêreplek

Hier’s nog selfmaak-wenke

Kreatief-energiek Kreatief-ENERGIEK
Met los veertjies, uitgeblaasde hoendereiers
en mooi prente kan jy treffende pleknaam-
kaartjies of versierings maak. Maak plekname só:
Skeur ‘n stukkie handgemaakte papier tot ‘n grootte
van 15 x 10 cm. Plak ‘n klein prentjie of plakkertjie
op om die gas se naam op te skryf
(sien Vonds van die maand). Of plak ‘n mooi veertjie
bo-aan ‘n kaartjie, pons ‘n gaatjie in en ryg ‘n toutjie deur.
Speld of plak dit dan aan jou stoel se rugkant vas.
Kuiertafel

KUIERTAFEL
Paasfees is ook ‘n tyd vir kuier met familie en vriende
om die etenstafel. Skuif die bokkietafel teen jou etenstafel
vir ‘n lang kuiertafel of dek ‘n ekstra tafel. Versier dit met mooi

kaartjies (R10 elk) van Rhubarb Room en sjokolade-hase en -eiers  van Clicks. Rangskik wit lekkergoed-eiers en goue eiers op ‘n koekstaander vir die middel van die tafel.
Gebruik mooi afdroogdoeke vir servette (R59 elk van Poetry).

Die tafeldoek (R299,99) is van Mr Price Home, die breekgoed
(die bakkies en kleinbordjies kos R29,95 elk en grootborde R35 elk) en growwe mat voor (R999) is van Woolworths.

Die glase (R35 elk) is van Poetry en die staankandelaar
(R3 648) van Delos.

Wenk

Plascon se Rich Gold Paint (beskikbaar by Builders Warehouse) sorg vir die
mooiste verftegniek as jy dit met ‘n klein sponsroller in oneweredige hale aanwend.
Verf net een laag sodat die onderlaag effens deurslaan. Dis ideaal vir ‘n vertrek wat ‘n bietjie atmosfeer nodig het. Verf net een fokusmuur. Dis ‘n oliebasis-verf,
maar word verbasend gou droog.

Fees-atmosfeer

Fees-ATMOSFEER
Die staan-kruis (R395) is van Hadeda, die draad-kuiken (R85) en glas (R35) van Poetry en
die porselein-voëltjie (R49) van Home Affairs. Ander items, stilis se eie.

Wenk

Koop kwaste met ligte hare (vanaf R6) by Builders Warehouse vir verfwerk.
As die kwas hare verloor terwyl jy verf, sal dit onopsigtelik wees.