FOTO: Henk Hattingh

Maak dit self

Maak dit self: Verf ’n geometriese tafel

Immergewilde geometriese patrone kan kalmerend en ordelik wees, of dit kan fassineer en jou oë mislei. Kies self hoe jy daarmme in jóú huis wil speel. Só verf jy jou eie geometriese tafelblad.

Geometries geverf

’n Retro-tafel kry ’n nuwe voorkoms deur geometriese patrone op die blad te verf

Benodigdhede

  • ’n Ou koffietafel
  • Plascon Velvaglo verf in die volgende kleure:
      • Wit
      • Liggroen (Touch of Spring C3-C2-3)
      • Mediumgroen (Her Duchess G3-C2-1)
      • Grys (Quiet Peace B3-D2-2)
  • Goeie kwaliteit kwasse (waarvan die hare nie verloor nie)
  • Maskeerband
  • ’n Lang liniaal of reguit stok
  • Grafiekpapier

Geometriese tafel

Ontwerp

Teken ’n geometriese patroon op kleiner skaal op grafiekpapier en kleur dit in soos jy dit wil verf. Neem die liniaal en trek die lyne met ‘n potlood oor op die tafelblad (nadat die tafel heeltemal wit geverf is). Plak die grafiekpatroon erens vas waar jy dit kan raadpleeg en merk die bokant (as die papier per ongeluk draai kan jy deurmekaar raak met die geometrie).

Geometriese tafel

Verf s

Plak maskeerband aan buitelyne van driehoeke wat jy wil grys verf. Verf versigtig met grys grys en laat droog word. Trek eers maskeerband die volgende dag af – Velvaglo neem sowat ‘n dag om heeltemal droog te word.

Geometriese tafel

Plak nou maskeerband aan buitelyne van driehoeke wat jy wil liggroen verf en herhaal stap 

Geometriese tafel

Trek maskeerband af as verf droog is

Geometriese tafel

Plak en verf die laaste kleur, mediumgroen

Geometriese tafel

Trek die laaste maskeerband af

Geometriese tafel