Maak helder blom-patrone

Deur Lounette Fourie en Anita Rossouw, SARIE Januarie 2012

Maak helder blom-patrone Foto’s: RYNO Galery

Meet ’n breë streep sowat 160 cm vanaf die vloerlys. Maak die streep so 20 cm breed en so lank soos jy verkies. Gebruik maskeerband en plak dit op die buitelyne van die strepe. Verf die streep en laat droog word. Trek maskeerband af. Skroef ’n paar hakies eweredig in die streep op die muur vas.

Gebruik dié stensilpatroon vir die bo-rand:

Stensil

Vergroot die stensilpatroon, plaas asetaat bo-oor en trek na met ’n permanente viltpen. Sny uit met ’n kunsmessie. Hou stensil in posisie met stukkies wondergom of stensilgom en stip die verf liggies aan met ’n sponsie.

Begin in die middel stensil en werk na die kante toe.

Hamam-handdoeke (R140 elk) en gestreepte swemhanddoeke (vanaf R170 elk), Woolworths. Mandjies (vanaf R80 elk), Ashanti.

Galery

  • stensil.jpg
  • Stensil

Kommentaar