Maak jou eie hekel-mosaïekkombers

Deur Anita Rossouw en Lounette Fourie, SARIE Julie 2010

Maak jou eie hekel-mosaïekkombers Foto’s: Ryno Galery

Raak op dié manier van alle oorskietwol ontslae. Gebruik verskillende teksture soos katoen en bamboesdrade (van Thimbles, Quilt & Knit) saam met jou oorskietwol.

Grootte

1 gehekelde blommetjie = sowat 5cm
Besluit self hoe groot die kombers gaan wees.

Benodigdhede

Oorskiet-dubbelbreidraad (jy benodig 3 kleure vir elke blommetjie). Ons het selfs oorskiet-tapisseriewol gebruik. 4mm-hekelpen

Spanning

1 gehekelde blom = sowat 5 x 5 cm met dubbeldraad en 'n4mm-hekelpen

Hekel-afkortings

beg - begin

dr - draai

gs - glipsteek

her - herhaal

ks - kettingsteek

lb - langbeen

ls - lus

rdte - rondte

sp(s) - spasie(s)

vlg - volgende

 

Hekel Só:

1ste rdte: Beg met 5 ks en las met gs om 'n sirkel te vorm.

2e rdte: 3 ks (= deurgaans 1e lb), 11 lb in ring, las met gs aan 1e 3 ks (= 12 lb).

3e rdte: Neem vlg kleur en hekel in vlge sp (2 lb, 1 ks en 2 lb, slaan 2 lb oor) totdat jy 6 groepies het, las met gs aan 1e lb.

4e rdte: Neem vlg kleur en hekel 7 lb in elk van die 6 ks-sps. Las met gs aan 1e lb.

Afwerking

Werk die blommetjies aan mekaar vas.

Hekelles: Langbeen

Begin deur 'n paar ks te hekel en dr; om die lb te hekel slaan ekeldraad om pen, steek pen deur 4e ks vanaf pen, slaan hekeldraadweer om en trek deur 2 lusse;

 

Slaan weer draad om pen en trek deur albei lusse op pen;


 

Voltooide lb.


Gaan kyk by www.knit1.net rond vir gratis breipatrone

Verwante artikels

Galery

  • hekel-mosaiek kombers
  • 1
  • 2
  • 3

Kommentaar

  • Pragtig het my inspireer om weer 'n kombersie vir die nageslag te hekel. Hanlie M

    23ste Apr. 2013, 09:08
  • Ek wil so graag gratis hekel patrone (Engels bekom) van n ronde sirkel bloes. Dit is n ronde sirkel n gat vir die nek, dan werk jy dit toe langs die kante vir die moue, dit is baire mooi, vernaam as jou arns ak so n bietjie pap word op 70. Ek sal so bly wees as iemand my kan help.

    16de Mar. 2013, 08:51
  • Ek het absoluut geen fout gevind met die patroon nie. Ek dink iemand verstaan dit dalk verkeerd.

    24ste Okt. 2012, 12:44
  • Dames gaan sluit aan op FB by WOL EN NAALDE en daar leer ons brei en hekel en deel met mekaar.

    19de Aug. 2012, 22:12
  • Hierdie kombers was die eerste hekel projek wat ek nog ooit aangepak het. Was baie maklik. En het baie mooi gekom. Gaan nou my 2de een hekel. Dankie vir die patroon.

    5de Aug. 2012, 18:19
  • hoe begin n mense te hekel. ek het nog nout in my lewe gehekel nie!

    16de Jul. 2012, 13:59
  • Hier is 'n paar antwoorde op van die vrae, party vrae al baie oud. Google "how to join granny squares" om te sien hoe mens blokkies aanmekaar kan hekel. Daar is ook volledige You tube videos met hekellesse as iemand die Engelse name en instruksies wil hê. Ek het 'n ou boekie wat hekellesse vir linkshandiges ook insluit. "Leer self hekel" deur Hella Klaus.

    7de Jul. 2012, 18:45
  • @ Magaretha Vlok ek hekel nou vir n week en het vir my dogtertjie n serpie vir skool gehekel en dis so maklil ek het by Bernina winkel n boek gekoop wat jou al die stappe wys, dis goedkoop. dan kan jy net patrone google.

    9de Mei. 2012, 19:13
  • is daar nie dalk iemand wat vir my 'n boek kan aanbeveel oor hoe om te leer hekel nie.

    24ste Apr. 2012, 15:04
  • ek is opsoek na n gehekelde of brei patroon vir n 8 jarige dogter.

    7de Apr. 2012, 01:09
  • Ai tog, ek wens ek kan ook maar so mooi goed al maak. Ek is heeltemal 'n goentjie in die hekel. Is daar iemand wat vir my 'n handleiding kan verskaf? Of watter boek kan ek aanskaf om my te leer hekkel. Ek is DRINGEND opsoek na al die verskillende steke en tegnieke

    3de Mar. 2012, 16:58
  • Waarvoor staan die afkorting "goh". Dankie

    23ste Feb. 2012, 19:43
  • Hi daar. Ek het ook nou begin met die hekel. Kan julle asseblief help om die engelse weergawe van elke steek vir my te gee en hoe hy gemaak word. Bv langbeentjie wol om die naald ens. en dan die engelse naam. Sukkel bietjie. Baie dankie Lettie

    23ste Feb. 2012, 12:49
  • Haai dames wat ook graag heke ek is opsoek na 'n gehekelde sak patroon wat ek met Nr 5 gare kan hekel. Ek wil graag bamboeshandvatsels daarvoor gebruik. Help groot asseblief

    11de Nov. 2011, 14:21
  • Ek het so lanklaas in my lewe gehekel, maar die gogga het my nou gebyt. Dit is so fyn en vroulik en pragtig. As iemand dalk kan help met basiese wenke. Ek wil net blommetjies hekel om klere en ander goed mee op te kikker. Ek moet nog gaan wol en 'n hekelnaald koop, en dan gaan ek begin. Enige iemand wat kan help met basiese riglyne, epos asb na info@kayanzee.co.za.

    25ste Okt. 2011, 12:03
  • Hi Daar Petro Stuur asb vir my die adres van jou blog. As daar iemand in Pietermaritzburg is wat hekel-hulp nodig het, laat my asb weet. My epos adres is thehappyhooker@webmail.co.za. Groetnis

    25ste Jul. 2011, 15:00
  • Dis wonderlik daar baie min Afrikaanse hekel artikels op internet ek het 'n blog begin en beplan om sommer baie meer atikels en links te plaas....almal welkom om idees te verksaf of navrae te doen, dis ook vreemd dan ons geen aanlyn winkel het wat hekelbenodighede kan versakf nie, dis 'n leemte petrow@lantic.net

    9de Jul. 2011, 23:12
  • Hi! Wat 'n groot verrassing! Wou eintlik die patroon gehad het vir die handskoentjies en toe sien ek die kombersie! Het al so baie kombersies gehekel, maar sal dié een beslis probeer☺.

    5de Jul. 2011, 22:02
  • nou ja ek is n beginner en kan sover net vierkante hekel. Ek is seker ek sal die patroon kan baas raak.Ek hou duime vas vir myself.

    24ste Jun. 2011, 14:33
  • hallo Sarie,is dit moontlik om die patroon in engels te kry? die hekel kombersie

    18de Jun. 2011, 20:14
  • Ek hoop Ma het al begin. Blom vir Blom. Stunning!

    7de Jun. 2011, 12:30
  • Ek het nog nooit gehekel.Het net gekyk en stel baie belang maar kan nie op kursus gaan. Kan julle my miskien email hoe ek die kombers kan hekel, of moet ek net kyk na die Hekelles en dit gebruik. Dankie maggie

    4de Jun. 2011, 11:07
  • Gan my kombersie sommer vandag begin

    3de Jun. 2011, 08:29
  • kan iemand my dalk net laat weet hoe ek die patroon geprint kan kry of is dit net daar om na te kyk

    31ste Mei. 2011, 13:23
  • Yay! Iets wat ek kan aanstuur om my ma mee besig te hou :) Dis is regtig 'n BAIE mooi kombers. Dankie!

    30ste Mei. 2011, 16:58
  • Dankie vir die mooi patroon, het gisteraand begin met 'n kombersie vir my dogtertjie. Gaan een vir elk van my kindertjies hekel.

    27ste Mei. 2011, 09:39
  • Was so geinspireer met die oulike enetjie, dat ek onmiddellik al die oorskiet wolletjies gaan uitgrawe het en my kombersie trek al by die 3 de ry. Sal maar sien hoe groot dit sal uitkom, voor die wolletjies op is. Hekelgroete

    24ste Mei. 2011, 15:32
  • Ek sal maar na my buurvrou toe gaan. Sy kan hekel, ek soek iets maklik wat my in die winteraande kan besig hou.

    22ste Mei. 2011, 20:22
  • Hoe werk/hekel jul die patroontjies aanmekaar? Kan iemand my moontlik help?

    18de Apr. 2011, 14:09
  • Gaan kyk op Ulanda de Villiers se Face Book blad as julle 'n pragtige weergawe hiervan wil sien.

    8ste Apr. 2011, 11:28
  • Ek het ook agtergekom die patroon is verkeerd maar het dit maar self herstel. My kombers is klaar. Lyk pragtig.

    23ste Sep. 2010, 16:47
  • Het julle enige instruksies vir beginners wat linkshandig is? Ek wil baie graag leer hekel, maar kry nerens eenvoudige stap vir stap instruksies nie.

    30ste Aug. 2010, 16:26
  • Hi, Graag wys ek 'n fout met bogenomde patroon. Ry 3 moet as volg lees "3e rdte: Neem vlg kleur en hekel in vlge sp (2 lb, 1 ks en 2 lb, slaan 1 lb oor) totdat jy 6 groepies het, las met gs aan 1e lb." Ek het al 'n hele paar blommetijes gemaak en my kombersie vorder mooi! Dankie vir maklike patrone wat beginners ook kan volg. Dink asb daaraan om instruksies vir linkshandiges ook aan te dui. Groete

    23ste Aug. 2010, 14:02