sr1007dekorwool
Maak dit self

Maak jou eie hekel-mosaïekkombers

Grootte

1 gehekelde blommetjie = sowat 5cm
Besluit self hoe groot die kombers gaan wees.

Benodigdhede

Oorskiet-dubbelbreidraad (jy benodig 3 kleure vir elke blommetjie). Ons het selfs oorskiet-tapisseriewol gebruik. 4mm-hekelpen

Spanning

1 gehekelde blom = sowat 5 x 5 cm met dubbeldraad en ‘n4mm-hekelpen

Hekel-afkortings

beg – begin

dr – draai

gs – glipsteek

her – herhaal

ks – kettingsteek

lb – langbeen

ls – lus

rdte – rondte

sp(s) – spasie(s)

vlg – volgende

 

Hekel Só:

1ste rdte: Beg met 5 ks en las met gs om ‘n sirkel te vorm.

2e rdte: 3 ks (= deurgaans 1e lb), 11 lb in ring, las met gs aan 1e 3 ks (= 12 lb).

3e rdte: Neem vlg kleur en hekel in vlge sp (2 lb, 1 ks en 2 lb, slaan 2 lb oor) totdat jy 6 groepies het, las met gs aan 1e lb.

4e rdte: Neem vlg kleur en hekel 7 lb in elk van die 6 ks-sps. Las met gs aan 1e lb.

Afwerking

Werk die blommetjies aan mekaar vas.

Hekelles: Langbeen

Begin deur ‘n paar ks te hekel en dr; om die lb te hekel slaan ekeldraad om pen, steek pen deur 4e ks vanaf pen, slaan hekeldraadweer om en trek deur 2 lusse;

 

Slaan weer draad om pen en trek deur albei lusse op pen;

 

Voltooide lb.

Gaan kyk by www.knit1.net rond vir gratis breipatrone

  • http://uzroeocvmcvv.com/ ztkrtsgemer

    HqoRsE dvaotkwawuxv, [url=http://wyqrgehaxodd.com/]wyqrgehaxodd[/url], [link=http://wfhkfzpoqckx.com/]wfhkfzpoqckx[/link], http://kndieccrgrnc.com/

  • Cecilia Laas

    Hi, Graag wys ek ‘n fout met bogenomde patroon. Ry 3 moet as volg lees "3e rdte: Neem vlg kleur en hekel in vlge sp (2 lb, 1 ks en 2 lb, slaan 1 lb oor) totdat jy 6 groepies het, las met gs aan 1e lb."

    Ek het al ‘n hele paar blommetijes gemaak en my kombersie vorder mooi!

    Dankie vir maklike patrone wat beginners ook kan volg. Dink asb daaraan om instruksies vir linkshandiges ook aan te dui.

    Groete

  • Belma

    Het julle enige instruksies vir beginners wat linkshandig is? Ek wil baie graag leer hekel, maar kry nerens eenvoudige stap vir stap instruksies nie.

  • ronel

    Ek het ook agtergekom die patroon is verkeerd maar het dit maar self herstel. My kombers is klaar. Lyk pragtig.

  • Martie Viljoen

    Gaan kyk op Ulanda de Villiers se Face Book blad as julle ‘n pragtige weergawe hiervan wil sien.

  • Ilze Brand

    Hoe werk/hekel jul die patroontjies aanmekaar? Kan iemand my moontlik help?

  • Marie van Dyk

    Ek sal maar na my buurvrou toe gaan. Sy kan hekel, ek soek iets maklik wat my in die winteraande kan besig hou.

  • Karin Rabie – Robertson

    Was so geinspireer met die oulike enetjie, dat ek onmiddellik al die oorskiet wolletjies gaan uitgrawe het en my kombersie trek al by die 3 de ry. Sal maar sien hoe groot dit sal uitkom, voor die wolletjies op is.
    Hekelgroete

  • Cara

    Dankie vir die mooi patroon, het gisteraand begin met ‘n kombersie vir my dogtertjie. Gaan een vir elk van my kindertjies hekel.

  • Marionne

    Yay! Iets wat ek kan aanstuur om my ma mee besig te hou :) Dis is regtig ‘n BAIE mooi kombers. Dankie!

  • Desiree Reviglio

    kan iemand my dalk net laat weet hoe ek die patroon geprint kan kry of is dit net daar om na te kyk

  • Thea Engelbrecht

    Gan my kombersie sommer vandag begin

  • Maggie

    Ek het nog nooit gehekel.Het net gekyk en stel baie belang maar kan nie op kursus gaan.
    Kan julle my miskien email hoe ek die kombers kan hekel,
    of moet ek net kyk na die Hekelles en dit gebruik.

    Dankie
    maggie

  • Heibre

    Ek hoop Ma het al begin. Blom vir Blom. Stunning!

  • Dot Labuschagne

    hallo Sarie,is dit moontlik om die patroon in engels te kry? die hekel kombersie

  • hanlie

    nou ja ek is n beginner en kan sover net vierkante hekel. Ek is seker ek sal die patroon kan baas raak.Ek hou duime vas vir myself.

  • Marié du Toit

    Hi! Wat ‘n groot verrassing! Wou eintlik die patroon gehad het vir die handskoentjies en toe sien ek die kombersie! Het al so baie kombersies gehekel, maar sal dié een beslis probeer?.

  • Petro Wagenaar

    Dis wonderlik daar baie min Afrikaanse hekel artikels op internet ek het ‘n blog begin en beplan om sommer baie meer atikels en links te plaas….almal welkom om idees te verksaf of navrae te doen, dis ook vreemd dan ons geen aanlyn winkel het wat hekelbenodighede kan versakf nie, dis ‘n leemte
    petrow@lantic.net

  • Mari

    Hi Daar Petro
    Stuur asb vir my die adres van jou blog. As daar iemand in Pietermaritzburg is wat hekel-hulp nodig het, laat my asb weet. My epos adres is thehappyhooker@webmail.co.za. Groetnis

  • Stefna Potgieter

    Ek het so lanklaas in my lewe gehekel, maar die gogga het my nou gebyt. Dit is so fyn en vroulik en pragtig. As iemand dalk kan help met basiese wenke. Ek wil net blommetjies hekel om klere en ander goed mee op te kikker. Ek moet nog gaan wol en ‘n hekelnaald koop, en dan gaan ek begin. Enige iemand wat kan help met basiese riglyne, epos asb na info@kayanzee.co.za.

  • Isel Steenkamp

    Haai dames wat ook graag heke ek is opsoek na ‘n gehekelde sak patroon wat ek met Nr 5 gare kan hekel. Ek wil graag bamboeshandvatsels daarvoor gebruik. Help groot asseblief

  • Lettie Bosman

    Hi daar. Ek het ook nou begin met die hekel. Kan julle asseblief help om die engelse weergawe van elke steek vir my te gee en hoe hy gemaak word. Bv langbeentjie wol om die naald ens. en dan die engelse naam. Sukkel bietjie. Baie dankie Lettie

  • Susan van der Bank

    Waarvoor staan die afkorting "goh". Dankie

  • Wilna Wolmarams

    Ai tog, ek wens ek kan ook maar so mooi goed al maak.

    Ek is heeltemal ‘n goentjie in die hekel.

    Is daar iemand wat vir my ‘n handleiding kan verskaf? Of watter boek kan ek aanskaf
    om my te leer hekkel.
    Ek is DRINGEND opsoek na al die verskillende steke en tegnieke

  • Wilna Wolmarams

    DRINGEND ! ! ! ! ! ! ! ! ! !

    Ai tog, ek wens ek kan ook maar so mooi goed al maak. Ek is heeltemal ‘n goentjie in die hekel. Is daar iemand wat vir my ‘n handleiding kan verskaf? Of watter boek kan ek aanskaf om my te leer hekkel. Ek is DRINGEND opsoek na al die verskillende steke en tegnieke.
    Groete Wilna Wolmarans
    0826481685
    wilnaw1@gmail.com

  • Linda

    ek is opsoek na n gehekelde of brei patroon vir n 8 jarige dogter.

  • Denise Prinsloo

    Ek sou ook graag wil weet hoe om die blommetjies aanmekaar vas te werk. Ek is nie seker of dit aan dit bokant of onder die blommetjie moet wees nie. As mens na die prentjie kyk, lyk dit asof the rand van elke blommetjie opstaan. Het iemand vir my miskien raad. Miskien kan Ronel help.

  • Margaretha Vlok

    is daar nie dalk iemand wat vir my ‘n boek kan aanbeveel oor hoe om te leer hekel nie.

  • Yolandi Pieterse

    @ Magaretha Vlok ek hekel nou vir n week en het vir my dogtertjie n serpie vir skool gehekel en dis so maklil ek het by Bernina winkel n boek gekoop wat jou al die stappe wys, dis goedkoop. dan kan jy net patrone google.

  • Hildegard van Vreden

    Hier is ‘n paar antwoorde op van die vrae, party vrae al baie oud.

    Google "how to join granny squares" om te sien hoe mens blokkies aanmekaar kan hekel.

    Daar is ook volledige You tube videos met hekellesse as iemand die Engelse name en instruksies wil hê.

    Ek het ‘n ou boekie wat hekellesse vir linkshandiges ook insluit. "Leer self hekel" deur Hella Klaus.

  • Samantha

    hoe begin n mense te hekel. ek het nog nout in my lewe gehekel nie!

  • Maryke

    Hierdie kombers was die eerste hekel projek wat ek nog ooit aangepak het. Was baie maklik. En het baie mooi gekom. Gaan nou my 2de een hekel. Dankie vir die patroon.

  • Rensche de fortier

    Dames gaan sluit aan op FB by WOL EN NAALDE en daar leer ons brei en hekel en deel met mekaar.

  • Patricia

    Best MVG/BSN,Ik ben het helemaal met u eens: Je kunt je tedoiwoergng overal preventief tegen laten vaccineren.Ik kan ook gewoon mijn borsten er preventief af laten halen, mijn baarmoeder preventief laten verwijderen, weet u wat, ik kan mezelf net zo goed preventief ophangen. Of misschien toch het touwtje preventief weghalen?Waarom niet de natuur zijn gang laten gaan? Als het dan mijn tijd is, of u tijd dan is het gewoon tijd. Dan hebben we van overbevolking ook geen last. Alleen denken veel klagers’ (oftewel kritische burgers’) op deze site niet zo. Ze verwachten wel het beste’. De beste gezondheid, de beste service, de beste behandeling, het langste leven. En het liefst goedkoop met een kamer voor zichzelf in het ziekenhuis. Maar tegelijkertijd wantrouwen ze wel de mensen die hun best doen: wetenschappers, dokter, overheid. Mijn ergernis komt daar uit voort (hence mijn uitspraken over niet zeuren als je dan ziek wordt’, etc).Ik denk dat we het meer met elkaar eens zijn dan lijkt op het 1ste gezicht. Ik ben namelijk super voor mensen die voor zichzelf kunnen nadenken. God? Nee, zo had ik er nog nooit over nagedacht. Ik geloof namelijk niet in een god. Onfeilbaarheid bestaat niet. Maar ik zal uw kritiek ter harte nemen en mijn argumenten op iets minder arrogante wijze neerschrijven.prettig weekend,Bert

  • Mari

    Ek het absoluut geen fout gevind met die patroon nie. Ek dink iemand verstaan dit dalk verkeerd.