FOTO: Willem Lourens

FOTO: Willem Lourens

Maak dit self

Maak jou eie papierkrans

In die nuutste uitgawe van SARIE WOON raak ons kreatief en kuier op Greyton. Ons dekorredakteurs, Anita Rossouw en Lounette Fourie, wys jou hoe om vrolike papierkransies vir jou huis te maak.

Benodighede

Kleurryke papier, stewige draad, dun draad, skerp skêr, wit afvalpapier.

SARIE WOON 2014 krans maak dit self
STAP 1

Vorm ‘n ring met die draad, laat punte oorvleuel en draai vas met dun draad. Knip stroke uit wit papier en draai die draadring daarmee toe.

SARIE WOON 2014 krans maak dit selfSTAP 2

Knip sirkels van verskillende groottes uit kleurryke papier.

SARIE WOON 2014 krans maak dit selfSTAP 3

Maak inknipsels na die middel van elke sirkel en knip blomblare rond.

SARIE WOON 2014 krans maak dit selfSTAP 4

Maak verskillende groottes blomme en plak party in ’n dubbele laag op mekaar vas. Knip verskillende blaarvorms uit groen papier.

SARIE WOON 2014 krans maak dit selfSTAP 5

Plak vas na smaak op die draad-en-papier-ring.

SARIE WOON 2014 krans maak dit selfVolg ook dié stappe om die volgende kranse te maak:

woon2