Maak 'n speldekussing en 'n sakkie vir jou skêr
Foto’s: Ryno Galery
Maak uit stukkies vilt 'n speldekussing en sakkie vir jou skêr.
Speldekussing Benodigdhede:
- Geskikte houer soos 'n piepklein emmertjie (by sommige blomhandelaars).
- Knip 'n sirkel effens groter as die houer uit vilt of materiaal.
- Knip nou 'n eenvoudige blommetjie uit afvalstukkies vilt en werk dit met 'n kruisstekie aan die sirkel vas.
- Druk van die blaartjies na bo en werk dit in dié posisie vas.
- Werk die hele sirkel met blommetjies toe, maar los 'n randjie rondom om sirkel effens in te ryg.
- Knip 'n strook materiaal so diep soos jou houertjie en die omtrek van die sirkel.
- Stik strook toe om 'n buis te vorm en werk ingetrekte sirkel aan die bokant van die buis vas.
- Vul buis met stopsel totdat dit netjies in die houertjie pas.
- Werk onderkant toe.
- Plaas 'n paar druppels Bostik-jel onderin houertjie en druk die opgestopte speldekussing netjies daarop vas.
Skêr Sak
- Knip 2 skerp hartvorms wat oor jou skêr sal pas uit vilt.
- Knip klein blommetjies uit vilt en werk dit daarop vas.
- Werk die 2 hartvorms aan mekaar met ryg of komberssteek.
- Laat 'n opening aan die bokant sodat die skêr gemaklik daarin kan pas.
- Knip 'n klein strokie vilt wat jy in die middel aan die voorkant vaswerk en aan die agterkant met 'n drukkertjie vasknip sodat die skêr nie kan uitglip nie.
Verwante artikels
-
Heeljaar vakansie!
SARIE - Junie 2010 | Kommentaar: 1
Met 'n paar nuwighede en 'n slim plan hier en daar kan jou hele jaar soos seevakansie voel.
-
Maak jou eie hekel-mosaïekkombers
SARIE Julie 2010 | Kommentaar: 26
Raak op dié manier van alle oorskietwol ontslae. Gebruik verskillende teksture soos katoen en bamboesdrade (van Thimbles, Quilt & Knit) saam met jou oorskietwol.
-
Plaaslike mooigoed vir jou huis
SARIE Julie 2010
Ons spog met plaaslike ontwerpers en kunstenaars se kreatiwiteit. Van pragtige sakke vir jou muur tot 'n boekrak, kombuisgoed en plaaslike lap.
















Kommentaar
Elma Tiran het gesê:
Ek hou vreeeeslik biae van die speldekussing wat gemaak is met die emmertjie .. Ek sal julle baie graag wil wys wat ek met my blikke maak en verkoop tonne van dit... Baie dankie Elma Tiran
31ste Aug. 2011, 11:09