Maak papierblomme en plekmatjies - ons wys hoe
Foto’s: Ryno Galery
Ons dekor-redakteurs, Anita Rossouw & Lounette Fourie, wys jou hoe om jou teetafel maklik en goedkoop te versier met die volgende 2 idees
Papierblomme
Maak dit so: Laai die 2 dele van die blommotief af. Knip uit en heg aan mekaar met 'n splitpennetjie. Buig die blare effe na bo. Indien verkies, fotostateer die 2 dele op melkerige papier.
Plekmatjies
Maak dit so: Maak 'n plekmatjie deur die mooi ontwerpe op 'n A3-vel te fotostateer. Laai die ontwerpe af deur op elke pdf.dokument hiernaas te kliek en dit af te laai.
Wenk: Laat lamineer dit met dowwe plastiek sodat dit langer kan hou.
Alle ontwerpe is verskaf deur Elsje Designs 021 976 7111 / www.elsje.co.za
Verwante artikels
-
Breipatroon vir mantel (shrug)
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 1
Dis nou weer mode om die breipenne uit te haal! Brei hierdie snoesige mantel.
-
Hekelpatroon vir teemus
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 3
"'Ouma-sjiek' is terug, maar meer modern as tevore," sê Chassie Post, Amerikaanse leefstylredakteur. Haal dus daardie hekelpenne uit en begin
-
Maak dit self - span 'n bokkietafel in vir feeskuiers
SARIE - April 2009
-
Maak dit self- ontwerp jou eie ottoman
SARIE - September 2009
Trek jou ottoman oor en gee dit nuwe lewe1
















Kommentaar