Maak só denim-rose en -madeliefies

Deur Anita Rossouw en Lounette Fourie, SARIE Augustus 2011

Maak uit die oorskiet lappies van jou opgeknipte denimbroek blomme en blare wat jy op 'n tafeldoek vaswerk.

Maak die rose só:

  Skeur 'n strook lap van so 20 cm lank en 4 cm breed.
  Vou die strook dubbeld en hou liggies vas.
  Draai dit om jou duim en twee vingers.
 

Draai die strook materiaal ook terwyl jy dit om jou vingers rol.

  Hou so aan om die materiaal ook te draai terwyl jy dit om jou vingers rol.
 Voltooide roos Steek dit vas met 'n speld en werk met los steke aan die agterkant deur al die lae om die roos in posisie te hou.

Maak die madeliefies so:

     

Foto's 1-3: Knip eenvoudige 4-blaar madeliefie-patroon uit oorskiet lap. Jy sal sowat drie oor mekaar plaas om een blom te maak.

   

Foto's 4-5: Plaas dit kruis en dwars oor mekaar.

Voltooide madeliefie  Werk dit met 'n knopie in die middel aanmekaar.
 Eenvoudige blaar-patroon Knip 'n eenvoudige blaarpatroon en bodruur "are" daarop met wit gare indien verkies

Verwante artikels

Galery

  • Tafeldoek met denim-rose en -madeliefies
  • sr1105webfabricrose12.jpg
  • sr1105webfabricrose13.jpg
  • sr1105webfabricrose14.jpg
  • sr1105webfabricrose15.jpg
  • sr1105webfabricrose16.jpg
  • Voltooide madeliefie
  • sr1105webfabricrose21.jpg
  • sr1105webfabricrose22.jpg
  • sr1105webfabricrose23.jpg
  • sr1105webfabricrose24.jpg
  • sr1105webfabricrose25.jpg
  • Voltooide roos
  • Eenvoudige blaar-patroon

Kommentaar

  • Dit lyk baie maklik en mooi gaan dit probeer.

    10de Aug. 2011, 13:36