Kussing met woorde maak die self
Maak dit self

Maak self met Woorde

Troetelwoorde

Soek ‘n mooi lettertipe op die rekenaar en druk woorde uit wat jou
aan jou ma herinner. Maak die lettergrootte 48 of 72. Plak vasteen
‘n ruit met ‘n stuk lap van jou keuse bo-oor. Trek die woorde na
met ‘n blou wateroplosbare borduurpen. Borduur die woorde in
agtersteke met 2 borduurdrade. Maak ‘n kussingoortreksel van
die lap. Agtergrondmateriaal is Shaded, kleur
Egg Plant (R500 p.m.), Hertex Fabrics.

Dekor-Sessie Mei 2010

 

Kom sit aan  

Kom sit aan

Maak ‘n plekmatjie deur ‘n mooi prent ofgeskrif op
‘n gekleurde A3-vel te fotostateer.(Jy kan ons ontwerp op sarie.com>mystyl>woon > selfmaak vind.) Agtergrondmateriaal
is Botanica Gem (van R350 p.m., BTW uitgesluit),
Design Team. Woorde op plekmatjie
deur Lou-Ann Stone, geïnspireer deur die
gedig “Ma” van Antjie Krog.


tot op die letter  

Tot op die letter

Geroeste letters (R30 elk, terwyl voorraad hou)
van Rosendal Gallerie vorm ‘n treffende kontras met ‘n
fyn keramiekbak van Helen Vaughan (prys op aanvraag).

skryfkuns

Skryfkuns

Hou jou skryfgoed netjies georganiseer deur dit met ‘n lint
vas te bind. Borduur op die lint soos by “Troetelwoorde”
(die kussing) beskryf. Glas (R40), Poetry.
Pers leergebinde notaboekie (R145)en
kolletjiespen (R220), Campo Marzio Design.
Wit notaboekies (R30 elk), Kaqala Trading.
Sneeuvlokkiebal-fotoraam (R169), @home.
Ander items stilis se eie.