Om jou eie te maak...
Raak kreatief en maak jou eie speldekussings en sakkies vir jou skêre.
Maak uit stukkies vilt ’n speldekussing en sakkie vir jou skêr.
SPELDEKUSSING
Wat het jy nodig?
Geskikte houer soos ’n piepklein emmertjie (by sommige blomhandelaars).
Knip ’n sirkel effens groter as die houer uit vilt of materiaal.
Knip nou ’n eenvoudige blommetjie uit afvalstukkies vilt en werk dit met ’n kruisstekie aan die sirkel vas.
Druk van die blaartjies na bo en werk dit in dié posisie vas. Werk die hele sirkel met blommetjies toe, maar los ’n randjie rondom om sirkel effens in te ryg.
Knip ’n strook materiaal so diep soos jou houertjie en die omtrek van die sirkel.
Stik strook toe om ’n buis te vorm en werk ingetrekte sirkel aan die bokant van die buis vas.
Vul buis met stopsel totdat dit netjies in die houertjie pas. Werk onderkant toe.
Plaas ’n paar druppels Bostik-jel onderin houertjie en druk die opgestopte speldekussing netjies daarop vas.
SKÊRSAKKIES
Knip 2 skerp hartvorms wat oor jou skêr sal pas uit vilt.
Knip klein blommetjies uit vilt en werk dit daarop vas.
Werk die 2 hartvorms aan mekaar met ryg- of komberssteek.
Laat ’n opening aan die bokant sodat die skêr gemaklik daarin kan pas.
Knip ’n klein strokie vilt wat jy in die middel aan die voorkant vaswerk en aan die agterkant met ’n drukkertjie vasknip sodat die skêr nie kan uitglip nie.
Verwante artikels
-
Breipatroon vir mantel (shrug)
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 1
Dis nou weer mode om die breipenne uit te haal! Brei hierdie snoesige mantel.
-
Hekelpatroon vir teemus
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 3
"'Ouma-sjiek' is terug, maar meer modern as tevore," sê Chassie Post, Amerikaanse leefstylredakteur. Haal dus daardie hekelpenne uit en begin
-
Sjokolade-mueslistokkies – kinders maak self
SARIE KOS - Herfs 2008
Gooi jou gunsteling-muesli hierin en gee die koekies 'n gesonde knarserigheid
















Kommentaar