Maak dit self

Plaasgoed, maakgoed

Plaasgoed, maakgoed

Gee jou huis daardie plaasgevoel met jou eie handewerk. Maak dit lekker ryk in kleur en tekstuur

 

A

KUSSINGS MET OMBOORSEL

 

Benodigdhede

52 x 52 cm-materiaal per kussing (ons het snyerstof van ’n fabriekswinkel en Nettex-materiaal uit die Maestro-reeks gebruik); reslappies vir omboorsels; dik koord of tou; vulkussing.

 

Maak só

• Knip voor- en rugkante van kussings uit verskillende kleure materiaal.

• Knip skuinsstroke vir omboorsel (piping) van sowat 3 cm breed (die breedte van ’n gewone liniaal).

• Vou die skuinsstrook om die koord en stik teenaan die koord toe (gebruik jou masjien se ritsvoetjie).

• Met die regte kant van die kussing se voorkant na bo, speld die omboorsel rondom die buiterand (rafelrande gelyk) en maak inknippies in die skuinsstrook waar dit om die kussingpunte gaan.

• Stik aan die voorkant vas met die ritsvoetjie.

• Speld die rugkant agter, gebruik vorige stiksels as gids en stik die voor- en rugkant aanmekaar, maar laat ’n opening.

• Knip hoeke weg, dop om en plaas die kussing binne-in.

 

B

BOKHORING-HAKIES

 

Benodigdhede

2 bokhorinkies; 2 lang skroewe; ’n Fischer-prop.

 

Maak só

• Maak vir jou interessante hakies vir handdoeke, soos dié wat Rick vir hul badkamer gebruik het.

• Saag die horinkies af tot in die soliede gedeelte, boor ’n gaatjie in elk en draai ’n skroef in die gaatjie.

• Saag die kop van die skroef af. Merk die posisies teen die muur en boor vir elk ’n gaatjie, volgens die maat van die Fischer-prop. Druk ’n prop in elke gaatjie en draai die horinkie met die hand in.

 

C

LAMPSKERM EN KUSSINGSLOOP

 

Benodigdhede

Lampskerm: Reslappies in liggroen, fl uweellint, gomstiffi e (Power Pritt).

Kussingsloop: 50 x 150 cm se donkerroom poolvagstof (polar fl eece); DMC-stringkatoenborduurgare in donkergroen en donkerroom.

 

Maak só

Lampskerm

• Neem ’n ou lampskerm, meet die omtrek en hoogte en knip die lappie volgens dié mate, plus 1 cm nate rondom.

• Smeer gom aan die binnerande van die skerm, m.a.w. om die draadring.

• Plak die materiaal aan die skerm deur die rou rande om die draadringe te vou en met

wasgoedpennetjies vas te hou.

• Smeer ook gom aan die een lang rourand en plak dit aan die skerm vas.

• Gom ’n soompie in die ander rourand en plak dit oor die ander rand.

• Speld die stroke lint eweredig aan die skerm, merk die posisies en gom vas.

• Los die onderpunte effe langer en werk om.

Kussingsloop

• Gebruik ’n gekoopte sloop as verwysing en knip jou sloop uit poolvagstof hiervolgens.

• Trek twee blokke met ’n verdwynviltpen, die een binne die ander, op die voorpant van die sloop.

• Neem 3 borduurdrade saam en werk met rygsteke op die viltpenlyne – werk een blok in

groen en een in donkerroom.

• Voltooi die sloop.

 

D

KOMBERS MET SNOESIGE STROKE

Grootte: 224 x 140 cm (enkelbed)

 

Benodigdhede

Wollerige materiaal in 4 skakerings van groen (ons het Nettex-materiaal uit die Maestro-reeks gebruik).

Voorkant: 4 kleure groen van 60 x 140 cm elk.

Rugkant: 140 x 226 cm effegroen.

 

Maak só

• Knip elk van die 4 kleure lengtegewys in die helfte, tot stroke van 30 x 140 cm elk.

• Rangskik dit in stroke langs mekaar sodat dit mooi vertoon en stik dit aan mekaar vir die voorkant van die kombers.

• Stryk die nate oop en stik dit aan weerskante van die naat plat.

• Met die regte kante op mekaar, speld die voor- en rugkant versigtig aan mekaar en stik dit rondom toe, maar laat ’n opening.

• Dop om, werk die opening toe en maak ’n stiksel rondom die buiterand.

 

E

GROFGEBREIDE KUSSING

 

Benodigdhede

5 x 50 g bolle Elle Plumé-breidraad (kleur: Autumn Leaf); breipenne van 5 mm; 4 knope. Grootte: 25 cm breed en 55 cm lank.

 

Brei só

• Heg aan 47 steke en brei 113 cm in koussteek (1 ry regs en 1 ry aweregs), eindig met ’n aweregse ry.

• Brei knoopsgate: Regs 9, (bring draad na vore, brei 2 steke saam, regs 7) herhaal nog 2 keer, bring draad na vore, regs 9.

• Brei reguit verder tot die werk 117 cm is en heg af.

• Vou ’n sloop van 55 cm en werk die synate toe.

• Dop om en werk knope aan. Plaas die kussing binne-in.

 

F

WARMWATERSAK-OORTREKSEL

 

Benodigdhede

’n Reslappie in groen; fluweellint.

 

Maak só

• Neem ’n dubbele stuk papier en trek die buitelyne van jou watersak na.

• Teken nate van 1,5 cm aan.

• Neem die een papierpatroon, vou in die helfte, plaas dit op ’n dubbele stuk materiaal en knip sowat 4 cm vanaf ’n reguit papierrand uit vir ’n oorslag (= opening van sak).

• Knip die ander pant (rug) volgens patroon uit.

• Werk some in oorslag, skuif oormekaar sodat dit die grootte van die rugpant is en stik rondom toe.

• Dop om en werk fluweellint aan om mee vas te knoop.