SARIE Kreatief: 12 ekstra breipatrone
Foto’s: RYNO Galery
In SARIE Kreatief word verwys na 12 ekstra patrone - Hier is hulle
Verwante artikels
-
SARIE kreatief - Bestel joune hier!
SARIE - April 2011 | Kommentaar: 91
Jy sien dit oral: snoesige truie, toevou-jasse en warm serpe. Elke teepot en bakkie spog met ’n mussie.
-
VIDEO: Verander die stoffering van jou eetkamerstoele
SARIE Junie 2012
SARIE-dekorredakteur Anita Rossouw wys stap vir stap hoe jy die stoffering van jou eetkamerstoele verander. Gee ou stoele nuwe lewe met 'n materiaal van jou keuse.




































Kommentaar
Celia du Plessis het gesê:
More, Ek is op soek na 'n breipatroon vir bed sokkies vir Pa, kan julle my help asb.
23ste Mei. 2012, 09:34LOUWRA FOURIE POLOKWANE het gesê:
Groot asseblief......opsoek na breipatrone vir seuns en dogter, ouderdom 6 to 8 jaar. Kan maar bietjie modern wees en verkieslik vir die seuns 'n V nek. Baie dankie
12de Mei. 2012, 22:05Adriana Murray het gesê:
Ek is opsoek na 'n breipatroon vir 'n driekwart jas met 'n hoed gebrei met Elle Tweed Aran in twee kleure (room en ligte olyf). Ek het die patroon in 'n tydskrif raakgesien maar kan ongelukkig nie onthou in watter tydskrif dit was nie. Was dit moontlik in Sarie? Ek vermoed dit was in 2008 - 2010 herfs/winter seisoen. Hoop iemand kan my help asseblief.
10de Mei. 2012, 20:13Benita het gesê:
Ek is op soek na 'n truipatroon wat in Sarie 2 Maart 1994 was. Dis 'n ligte trui van katoen. Kan iemand my dalk met die patroon help? Ek het net 'n gedeelte vd patroon. Baie dankie!
29ste Apr. 2012, 19:27Magerette Strydom het gesê:
Ek is op soek na Aghaanse hekel patrone en tegnieke as iemand dalk vir my kan help asseblief.
22ste Apr. 2012, 21:14connie het gesê:
kinders reken dis tyd dat ouma begin brei. op soek na oulike breipatrone vir dogters en seuns en dames en mans asb tog.
16de Apr. 2012, 16:50Sproetjies het gesê:
Dankie. Ek is op soek na 'n bedsokkie patroon. Hekel of Brei maar kom nie reg nie. Jul het nie dalk een nie
16de Apr. 2012, 10:45marietjie het gesê:
ek het jare gelede 'n gehekelde trui uit 'n tydskrif gemaak al die pante is aanmekaar en in kortbeen gedoen Dit lyk amper soos fishermans rib wanneer dit klaar is. Kan iemand dalk help. My patroon het soek geraak en ek wil baie graag weer vir my so 'n trui hekel. Dankie vooruit. Marietjie
31ste Mar. 2012, 17:12Elria le Roux het gesê:
Help asb, dringend opsoek na gebreide of gehekel BOLERO PATROON, het my Sarie wat die patroon in gehad het per ongeluk tussen die ander leesstof vir die ouetehuis gegee, ek hekel en brei vir ekstra inkomste, is `n pensionaris en dit maak darem gaatjies toe. Kyk ook gereeld uit vir nog bylae van Sarie oor hekel en brei, hoekom so skaars, ek is versot daarop. By voorbaat dank. E A le Roux ( Elria )
27ste Mar. 2012, 10:43Barbara het gesê:
Hi daar ek is opdoek na n maklike hekel patroon vir 'n baba truitjie en booties asb. dankie ek sal dit baie waardeer. my e/mail is srmachattie@yahoo.com lekker dag vir almal Barbara
23ste Feb. 2012, 12:29Frieda het gesê:
Ek is op soek na ander groottes van die Wolsagte tuniekrok patroon wat op bl 19 is.
19de Feb. 2012, 17:32Ester het gesê:
Ek is op soek na breinaalde wat iemand nie meer wil gebruik nie. Sal daarvoor betaal. Noem prys. Dankie by voorbaat Ester Byleveldt 0845149441
6de Feb. 2012, 07:18Lettie Wolfaardt het gesê:
Ek hekel graag krale doilies en is op soek na patrone , dun gare en glaskrale! Kasn iemand my dalk help? Baie Dankievir julle lekker handwerk patrone!!
3de Feb. 2012, 10:10Elsie het gesê:
Ek is op soek na brei en hekelpatrone. Dit is my stokperdjie. Enige patrone is welkom.
31ste Jan. 2012, 10:08Heleen het gesê:
kan iemand asseblief vir my se waar ek sagte katoen tou kan koop om waslappe mee te brei. helee
19de Jan. 2012, 17:42Kobie Botha het gesê:
Lekker om te sien dat daar nog so baie kreatiewe mense is - hou jou hande besig en bly uit die kwaad! Ek is dringend op soek na hekel en breipatrone vir hanger oortreksels - asseblief as enige een kan help sal ek baie waardeer Kobie
20ste Nov. 2011, 15:55Mariet Flock het gesê:
Ek is op soek na baba booties brei patrone, kan iemand help a,s,b.
17de Okt. 2011, 20:53Madelaine Smit het gesê:
Goeie middag 13 September 2011 Ek is dringed opsoek na breipatrone vir beertjies of hassies. Baie dankie Madelaine
13de Sep. 2011, 14:45Rina Potgieter het gesê:
ek was nou vir ses weke in die bed met 'n voet operasie. En het vir my 'n king bed kombers gehekel in blokkies vorm van * 30cm groot. Ek kan nie wag om heel temal klaar te maak nie.
7de Sep. 2011, 18:17RIA SNYNAN het gesê:
goeie dag,dis so lekker om te sien daars nog mense (MANS EN VROUENS) .wat nog brei en hekel. kan iemand asb help.DAAR WAS DIE MOOISTE PATROON VAN ONDERBAADJIE IN DEMMIMBLOU in die Sarie van 22 Mei 1996.kry die patroon nerens.HELP ASB.
7de Sep. 2011, 14:57Lucy Maree het gesê:
Ek is raadop gesoek - google, biblioteek, boekwinkels gefynkam op soek na 'n breipatroon vir my kleindogter van 4jr. Sy hou so baie van perde en ek wil graag vir haar 'n trui brei met 'n perdmotief op. Ek het toe haar Pappa nog 'n klein seuntjie was 'n patroon in die Living & Loving gekry van 'n hobbleperdjie maar dit weggemaak toe my kinders groot geword en ek moes verhuis. Hoop iemand kan help!
21ste Jul. 2011, 22:52Jackie het gesê:
Bja danki vi di patrone, ek is opsoek na 'n kabel trui patroon asb, as iemand my dalk kan help met een. Bja danki.
10de Jul. 2011, 18:10Joekie Ludik het gesê:
Pragtige patrone, baie dankie ek gaan definitief van hulle gebruik
9de Jul. 2011, 18:01Miemsie Clark het gesê:
Ek is maar 'n beginner met hekel maar ek hou daarvan om valletjies om waslappe te hekel. my moeder het 'n boek gehad vir Beginners en die boek het voete gekty ek wil net meer leers oor steke en ander eenvoudige patrone..ek wil so graag 'm borslppie hekel maar weet nie hoe om te begin nie. as daar iemand is wat my kan help met 'n basise patroon...moeder is nie meer hiernie het ek maar meer tyd met sulke goedtjie spandeur.. Baie dankie..
8ste Jul. 2011, 14:14Esmarie van Eeden het gesê:
Goeie dag, ek is regtig op soek na patrone vir seuntjie truie. Ek sal dit baie waardeer as julle vir my kan help met patrone of waar ek daarna kan soek. Die mosaik kombers is volgende op my lys, so baie dankie vir die patroon Baie dankie
30ste Jun. 2011, 11:10rita j v vuuren het gesê:
ek is opsoek na n trui patroon wat in landbouweekblad verskyn het.Maar ongelukkig kan ek nie die datum onthou waneer die verskyn het nie. Ek het my patroon ongelukkig verloor . Ek weet nie hoe om te maak om die patroon weer op te spoor nie. Ek sal dit baie waardeer as iemand my dalk daarmee kan help. Die patroon was met kabels gebrei en moet omtrent een jaar of twee jaar terug wees .Ek sal dit baie waardeer as iemand my kan help .
17de Jun. 2011, 12:37Trudie du Plessis het gesê:
Ek kyk elke dag as ek in Stellenbosch Square se Pick and Pay is of die 2 tydskrifte daar is maar die bestuurder se vir my hulle moes dit terugstuur na die drukkers omdat die kode op die boek nie ingelees het op die skandeerders nie. Wat is die huidige posisie?
15de Jun. 2011, 23:24elise labuschagne het gesê:
Ek is gek na die breipatrone, ek wil veral die duffel baadjie vir n kleinding brei.Ek verstaan gladnie die afrikaanse patrone is dit miskien beskikbaar in engels. Ek sal dit so waardeer as ek miskien die hele boekie in engels kan koop
13de Jun. 2011, 22:28Anne-Marie j v Rensburg het gesê:
Ek is mal oor die Sarie kreatief. soek truitjies vir honde. Soek ook oortruie vir kleintjies van 1 jaar af. Hulle wil tog so alles dra wat mamma het veral moulose oopknoop truie. Dankie waardeer. My hande wikkel.
13de Jun. 2011, 09:30Arlene Pieterse het gesê:
Ek is mal oor die hekelpatrone veral die in die nuwe, My Inspirasie-Kreatief boekie, van SARIE Junie 2011, met Jo op die voorblad!!! Ek hekel laat dit gons...ek ek het gesien van die dames het in hul kommentaar gevra vir hekelpatrone vir mussies, Beret en Beenies!!! ASSEBLIEF!!! Dis so duur innie winkels en as mens kan, hoekom dit nie self hekel nie(met die hulp van ons gunsteling tydskrif, SARIE, natuurlik!! SARIE, jy is my gunsteling!!! :-)!
8ste Jun. 2011, 06:27Veronice Voogt het gesê:
Baie dankie Sarie,dis voorwaar 'n groot bederf om so 'n uitstekende uitgawe te sien,net jammer dis so skaars,het al Pta plat geloop en julle bestel vorm kan nie aanlyn ingevul word nie,ons is nie meer gewoond aan papaierwerk nie(hahaha) Maar so baie dankie! Ek is 26 jaar oud en het myself geleer hekel,en is nou op 'n missie om te leer brei ook!! Baie dankie vir die motivering!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
7de Jun. 2011, 21:42Lana Kendall het gesê:
Met julle mooi patrone, juk 'n mens se vinger. Besef dan dat 'n dag nie genoeg ure het nie! Dankie vir puik tydskrif
7de Jun. 2011, 15:51Anriëtte Leipoldt het gesê:
Ek soek patrone wat gebrei word vir Barbiepoppe, First Love ensovoorts. Help asseblief. Anriëtte Leipoldt
2de Jun. 2011, 13:11Marna Botes het gesê:
Ek is opsoek na 'n breipatroon vir 'n hondejassie, ek het 'n Engelse Boeldog wat baie koud kry!
2de Jun. 2011, 08:38Magda Booysen het gesê:
Ek het al oral gesoek vir Sarie Kreatief, en kan dit nerens kry nie. (CNA, Hyperama, Spar, Pick a Pay, in verskillende voorstede van Sandton ,Florida en Lenasia)
1ste Jun. 2011, 14:34Jeanette Pickford het gesê:
Dit lyk alles so mooi maar ek soek patrone vir beenies asseblief
28ste Mei. 2011, 18:10Carmen van Heerden het gesê:
Duisende dankies Sarie! Gaande oor die patrone, die kreatiewe siel in my sal nooit rus nie! Hoop daar sal in die toekoms nog uitgawes wees van "Sarie kreatief".
28ste Mei. 2011, 15:34Mandy vd Merwe het gesê:
Ons soek dringend na die Sarie Kreatief tydskrif hier in Windhoek - Namibie. Kan julle nie asb plan maak om dit vir ons na CNA te stuur nie! Ons jeuk ook om te brei!
24ste Mei. 2011, 21:48Marietta Van Der Linden het gesê:
Ek kry hierdie Sarie Kreatief nerens in Pretoria nie, ek het vir die eerste keer hiervan te hore gekom in die Junie Sarie wat ek reeds gekoop het - LW sonder die Sarie Kreatief. Kan ek asb net die die Sarie Kreatief aankoop, en hoe gaan ek te werk om dit te kry? Ek wil nie nog 'n Sarie koop nie. Ek stel voor dat Sarie in die toekoms hul lesers in maand voor die tyd bewus maak van hierdie spesiale uitgawes wat net saammet sommige Saries in uitgesoekte winkels beskikbaar sal wees, sodat ons op die uitkyk kan wees daarvoor.
24ste Mei. 2011, 20:54Mari Blignaut het gesê:
Sarie baie dankie vir die petrone dit is lekker om weer brei en hekel patrone te sien, het julle nie mooi hekel patrone van 'n oorbloes nie asseblief dit is nou so in die mode sal baie graag so 'n patroon wil he.
24ste Mei. 2011, 16:32marchelle Salida het gesê:
Your team is so creative, I am always so excited to see what they come up with next.
24ste Mei. 2011, 12:37Susan Brand het gesê:
Dankie vir die mooi patrone! Maak die hande sommer kriewelrig! Is daar nie ook patrone van die moulose truitjies wat nou so in die mode is! Asb!
24ste Mei. 2011, 12:24rena angel het gesê:
Pragtig kan nie wag om hekelpenne en breinaalde bymekaar te kry nie. Dankien Sarie dat jy op die tye wanneer n mens of liewer myne se gemoed op sy laagste is altydvir ons iets gee om na uit te sien.
24ste Mei. 2011, 10:55Maryna Goosen het gesê:
Het julle nie enige patrone van die Waterfall Truie wat nou so in die mode is nie (Breipatroon).
24ste Mei. 2011, 10:52Sylvia Pienaar het gesê:
Wow, baie dankie vir die patrone, love it!!!
24ste Mei. 2011, 10:28