Maak dit self

Maak dit self: Borsspelde, vatlappe en plekmatjies

 

 

 

 

Haak die Knoop deur

Laat trek groterige knope oor (of sny hulle van ‘n ou kledingstuk af) en borduur iets
eenvoudigs daarop. Of hekel ‘n groot knoop toe met kort bene, vermeerder in elke tweede ry ‘n paar steke totdat dit die verlangde grootte is. Verminder dan weer deur steke oor te slaan totdat dit styf
oor die knoop pas. Gebruik die knope as borsspelde. Plekmatjie van handgemaakte vilt (R75), Lim.

 

Van tou gemaak

Van tou gemaak

Vatlappe: Koop dikkerige tou (by kruideniers- en ysterwarewinkels), neem penne van5mmen h/aan 25 ste. Br 25 rye in rekst (= alle rye in r) en h/af. Werk ‘n materiaallussie vas.

Plekmatjie: Gebruik dunner tou hiervoor. Hekel ‘n ketting van 20 steke. Hekel rondom hierdie ketting en vermeerder telkens op elke draai 4 steke om ‘n reghoek te vorm. Hekel om en om in rye tot verlangde grootte. Bakkies (R185 elk), Nap. Bord (R150) en servetring (R40), Lim. Tafelloper (R120) en servet (R49,95 vir 4),
Woolworths.

Sirkels en bLomme

Sirkels en blomme

Dié fyngehekelde serp (R510) is die handewerk van die werkverskaffingsgroep Projekt. Dis van 100% katoendraad en kan bestel word by petabeckerprojekt@gmail.com of
082 662 5391. Gebreide rokkie(R399), Poetry by Cape Union Mart.