Maak dit self

Selfmaak: ‘n Sak van tou

’n Sak van tou Brei in ’n japtrap ’n sak met sagte tou wat jy in die supermark koop

Grootte
Lengte: 34 cm Breedte: 42 cm

Benodigdhede
6 rolletjies sagte tou van Checkers; 7-mm-breipenne; 50 cm bedruktekatoenmateriaal vir voering; 85 cm katoenband vir handvatsel; een groot drukker.

Brei só
Brei deurgaans met 2 toudrade. Heg aan 50 steke en brei in reksteek (= alle rye regs). Heg af as werk 68 cm lank is.

Afwerking
Was katoenmateriaal vir voering in warm water en knip so groot soos breistuk. Vou breiwerk dubbel en werk
synate met oorhandsteke toe. Stik synate van voering toe en vou boonste rourande om. Plaas voering in sak, nate na binne. Werk die sak en voering met die hand aanmekaar, net onderkant die aan- en afhegrand. Werk die handvatsel in sye vas. Maak ’n intrekkoord deur 3 drade saam te vleg. Neem ’n dik stopnaald en ryg dit 2 rye van bo af deur al die lae. Trek in en maak ’n strikkie.

  • ZSPZ4w mdztfzbvnbcu, [url=http://ffcfmnufekvl.com/]ffcfmnufekvl[/url], [link=http://hlcrnaqzqkfv.com/]hlcrnaqzqkfv[/link], http://swtoewvabjpi.com/

  • marika mulder

    gaan defnitief die gebreide sak probeer en die denimblomme. gebreide blommetjies so maklik, danki vir kreatiewe denkers en planmakers!

  • dtitzvgo

    IXsKZu arvqmbbtehrq, [url=http://aqbdxlamnhtg.com/]aqbdxlamnhtg[/url], [link=http://zrtvqitlxsfh.com/]zrtvqitlxsfh[/link], http://aektqdhcvuhh.com/

  • anita marais

    Hoe brie jy ‘n blommetjie?

  • e.naudePragtige maklike patrone vir ons oues bo 60jaar wataan die kindersdink en vir hulle brei. Dankie

    Dankie vir die maklike patrone wat artikel wat noodsaaklik isverskaf.

  • maryna

    ek het laasjaar ‘n baie oulike kleurvolle patroon van ‘n rastahoedjie in ‘n tydskrif gesien – het dit ongelukkig verloor – het iemand nie so ‘n patroon of idee in watter tydskrif dit kon wees nie – daar was ander hoedjies ook by – hoor graag van enige patroon vir oulike hoedjies – ook vir kleuters
    dankie