Selfmaak: Somer-serp
Foto’s: Rhyno Galery
Maak jou eie somer-serp.
Somer-serp
Brei van katoendraad ’n lang serp wat jy op koeler dae dra. Die snyerspop (R1 200) is ook in ander kleure en linnekleur by Kaqala Trading beskikbaar.
Grootte
Lengte: 250 cm
Breedte: sowat 45 cm
Benodigdhede
5 bolle (50 g elk) suiwer katoen, vierdraad van Saprotex; een 9-mm- en een 7-mm-breipen; 3,5-mm hekelpen
Spanning
Die serp is met 2 diktes breipenne gebrei: die r-rye met 'n 9-mm en
die aw-rye met 'n 7-mm-pen. 14 ste en 16 rye = sowat 10 cm
Afkortings aw – aweregs; gs – glipsteek; h/aan(af) – heg/aan(af); ks – kettingsteek; lb – langbeen; rdte – rondte; r – regs; sp(s) – spasie(s); ste – steke; vlg(e) – volgende
Brei só
H/aan 60 ste en brei 250 cm in reksteek (= 1 ry r en 1 ry aw), met een 7-mm- en een 9-mm-breipen vir ’n
onegalige voorkoms. H/af alle ste lossies.
Hekel só
Hekel ’n paar blommetjies (in 2 groottes) om die onderrand van die serp te versier. 1e rdte: Begin met 5 (7) ks en las met gs om ’n sirkel te vorm. 2e rdte: 3 ks, 1 lb en 1 ks in ring tot daar 10 (14) sps rondom ring is. 3e rdte: 5 lb in 1e sp, 1 gs in vlge sp, 5 lb in vlge sp, hekel so verder tot daar 5 (7) blomblare is, las
met gs aan 1e lb. Hekel sowat 7 blomme vir elke rand.
Afwerking
Werk alle los drade netjies weg. Werk blomme aan aan- en afhegrande vas.
Verwante artikels
-
Hekelpatroon vir teemus
SARIE - Junie 2009 | Kommentaar: 3
"'Ouma-sjiek' is terug, maar meer modern as tevore," sê Chassie Post, Amerikaanse leefstylredakteur. Haal dus daardie hekelpenne uit en begin
-
Maak dit self: Kleurryke blommetjies
SARIE - Desember 2010
Brei hierdie kleurryke blommetjies.
-
Selfmaak: 'n Sak van tou
SARIE - November 2010
Maak self 'n sak van tou
-
Selfmaak: Hartjie-teemus
SARIE - November 2010 | Kommentaar: 1
Maak jou eie hartjie-teemus.
















Kommentaar
Maggie du Toit het gesê:
is daar dalk nie gebreide patrone vir 'n teemus?
15de Mei. 2012, 13:47Lizette Potgieter het gesê:
Liewe Sarie Wanneer is jul volgende uitgawe van Sarie kreatief? Ek het jul breipatrone ongelooflik geniet, maar kan nie so vinnig brei nie en werk voltyds met 2 klein kindertjies. My tyd is dus baie beperk en min. Indien jul weer beplan op so 'n wonderlike uitgawe hoop ek dit is 'n rukkie voor die winter sodat 'n mens darem iets daarvan kan dra volgende winter. Ek is ook opsoek na 'n moderne poncho met 'n rolkraag. Baie groete Lizette
22ste Nov. 2011, 09:15Hanna Dreyer het gesê:
Ek is versot op brei en hekel en die snoesige mantel gaan ek beslis brei. Ek koop gereeld die Sarie-tydskrif.
28ste Okt. 2011, 22:55Eloise Botha het gesê:
Ek is MAL oor die somerserp asook die teemuspatrone!!!!!
4de Mei. 2011, 19:44