FOTO Donna Lewis

FOTO Donna Lewis

Maak dit self

VIDEO: Toegedraaide Kersballe

Krap ’n bietjie in jou lappieskas rond vir materiale met ’n natuurlike voorkoms en skeur lang stroke van sowat 1,5 cm breed. Neem ’n polistireenbal, anker die beginpunt van die lapstrook vas met ’n speld en draai die bal toe met die lap. Steek kort-kort die strook vas met ’n speld sodat dit nie van die bal afglip nie. Draai ook ’n paar balle toe in kant. Knip en knoop ’n stukkie slagterstou om elke bal aan op te hang en steek vas met ’n speld.

  • corne Lewis

    baie oulike idees. gee ons nog asb.