Maak dit self

So doen jy hand-appliekwerk

Benodigdhede

  • Oorskietlappies in rooi en groen
  • Ou vatlap
  • Roomkleurige materiaal groot genoeg vir vatlap

Maak só

Knip roomkleurige materiaal effens groter as die bestaande vatlap. Knip ’n sirkel van 6 cm in deursnee vir die tamatie uit die rooi materiaal en ’n ruwe vyfpunt-stervorm uit die groen. Vou die rourand van die sirkel en ster 5 mm na verkeerde kant om en ryg dit vas op die een hoek van die roomkleurige lap (gebruik foto as verwysing). Werk dit met fyn glipstekies vas. Maak die stingel: Knip ’n strokie lap van 1,5 cm breed en 15 cm lank, rol dit styf op en werk dit in die middel van die stervormige blaar vas. Stik die vatlap aan drie kante toe en plaas ou vatlap binne-in. Maak ’n lussie, plaas in een oop hoek en stik dit vas terwyl jy terselfdertyd die oop kant toestik. Kry nóg maak dit self-idees hier.