Maak dit self

Stoel versiering

Kunstige STOELE
Gebruik stoele se sitplekke om jou mooigoed op uit te stal.
Skildery van Madelein Marincowitz (R9 000), navrae:
Rust-en-Vrede-galery. Mat (vanaf R129) en stoele
(R299 elk, in 4 kleure, asook in swart en wit, beskikbaar),
Mr Price Home. Beker (R225), Loft Living, www.loftliving.co.za.
Koekstaander (R170), Woolworths.

Hier’s nog selfmaak-wenke

 

Maak plek Maak PLEK
As jou blyplek klein is, kan jy só ruimte skep:
Hang 2 (of al 4) stoele teen die muur op
aan stewige hake (R100 vir 2, Moroccan Warehouse).
Skuif die tafel teen die muur vir
beweegruimte. Jy kan nóg ruimte bespaar
as jy die bankie (R850) langs die tafel
(R1 950) skuif – albei van Beachcomber,
www.beachcomber.za.net.
Gestreepte koffiebeker (R14,99), Home Comforts.
Groot houtbord (R550), Penny Lane.
Voor die bad Voor DIE BAD
Meet die ruimte tussen die sparre van die stoelpote
noukeurig en laat sny ’n dik stuk glas of hout daarvolgens.
Plak dit vas met kleurlose silikoon om ’n ekstra rak te maak.
Badkamermat (R130), Woolworths.

WENK

As jy oorskiet- of ou teëls het, plak dit vir ’n
interessante muurskildery met teëlsement teen jou
badkamermuur vas. Rangskik hulle styf teen mekaar, al verskil
die dikte van die teëls – dit gee tekstuur. Glasteëltjies van
Pudlo, www.pudlo.co.za, ander stilis se eie.

Kom sit Kom SIT
Rooi gestoffeerde stoel (R2 895), Loft Living. Sytafel
(R550), Beachcomber. Handgeknoopte wolmat (R3 995),
metaal-vaas (R599) en ronde
koffietafel (R6 495), Weylandts, www.weylandts.co.za.
Oorgroot rooi bord (R450) en glasies (R30 elk),
Moroccan Warehouse. Kussings (R130 elk), Home Affairs.

WENK

Verf jou kombuisstoele met Plascon se nuutste kleure soos Njabulo
(R6-A1-1, rooi), Lemon Rind (Y4-A1-3, geel) en Dylan’s Blue

(B5-A1-2, blou).

 

 

Ken jou plek Ken jou PLEK
Maak of koop vir elkeen in jou gesin sy eie stoelversiering.
Voëltjie Laat laser-sny ’n ontwerp van jou keuse by
Cape Craft Services
(pryse vanaf R3), www.capecraft.co.za
Hart Maak ’n laphart en werk ’n klein
perlemoenknopie in die middel vas.
Knope-Krans Ryg dun draad (by kralewinkels te kry)
deur knoop-gaatjies en buig in ’n sirkel.
  • Heilie

    Die houtstoele lyk pragtig!! Is daar raad vir plastiekstoele wat hul fleur verloor het maar nog heel sitbaar is?