Sit-sit-blou

Deur Anita Rossouw & Lounette Fourie, SARIE Januarie 2010

Sit-sit-blou Foto’s: Ryno Galery

Blou pas perfek by aardse hout. Versier ’n muur met blou borde en borduurrame waaroor jy blou sis span.

Muurkleur is Plascon se Dylan’s Blue B5-A1-2. Soliede kiaathoutstoel(R7 299) wat binne of buite gebruik kan word, staanlamp-basis (R2 399) en -skerm (R569), Wetherleys. Geblomde kussing van Zhanna Navalmateriaal (R957,60), Hertex Fabrics. Blouleer-ottoman (R1 200) en blou gestreepte bord (R150), Moroccan Warehouse. Mat (R12 500, grootte 2,7 x 3,8 m), Gonsenhausers Fine Rugs. Effekleur blou borde stilis se eie.

 

Maak dit self:

Koop by naaldwerkwinkels’n paar borduurrame van verskillende groottes en span mooi materiaal styf oor die binneste ring. Glip boonste ring oor en draai skroefie styf. Knip oortollige materiaal weg.

 

Kommentaar

Web Development by FormFunction