Verf 'n gestreepte muur
Foto’s: RYNO Galery
Gaan as volg te werk om jou eie gestreepte muur te verf:
![]() |
1. Verf die muur in ʼn basis kleur, soos Plascon Twinkle Lily (06-D2-3). Begin in die middel van die muur en werk na die kante toe. Gebruik ʼn lang waterpas om al die lyne liggies met ʼn potlood te trek (jy kan ook verskillende breedtes liniale inspan om jou te help). |
![]() |
2. Plak maskeerband (ons het breedtes van 3 en 5 cm gebruik) waar jy die basis-kleur wil laat wys. |
![]() |
3. Verf die ander strepe in die oorblywende kleure. Ons het Plascon se Elizabeth Rose (R3-A1-2), Bovine (E29-6) en Maison Blanche (Y1-E2-1) gebruik. |
![]() |
4. Laat die verf winddroog word voor jy die maskeerband versigtig aftrek. |
![]() |
5. Voltooide muur |



























Kommentaar