plascon_003_copy_cropped
Maak dit self

Verf ‘n gestreepte muur

1. Verf die muur in ʼn basis kleur, soos Plascon Twinkle Lily (06-D2-3).
Begin in die middel van die muur en werk na die kante toe. Gebruik ʼn lang waterpas om al die lyne liggies met ʼn potlood te trek (jy kan ook verskillende breedtes liniale inspan om jou te help). 
  2. Plak maskeerband (ons het breedtes van 3  en 5 cm gebruik) waar jy die basis-kleur wil laat wys.
  3. Verf die ander strepe in die oorblywende kleure. Ons het Plascon se Elizabeth Rose (R3-A1-2), Bovine (E29-6) en Maison Blanche (Y1-E2-1) gebruik.
  4. Laat die verf winddroog word voor jy die maskeerband versigtig aftrek.
5. Voltooide muur
  • Gretha Smit

    Hallo, ek is mal oor die gestreepte muur en oor hoe maklik dit is om te verf, maar ek het net een probleem. My huis is 114 jaar oud en die mure is redelik skeef, en strepe sal dit net muur opsigtelik maak. Het julle dalk voorbeelde van stensilpatrone wat ek kan gebruik om die illusie van muurpapier te skep.

    Groete
    Gretha Smit