Idees

FOTO Ed O ’Riley

Maak dit self

Versier jou eie Paaseiers

Gee hardgekookte eiers ’n marmereffek met dié maklike metode.

JY BENODIG

• hardgekookte eiers
• skeerroom (nie skeerjel nie)
• koskleursel
tandestokkies
• kombuispapier
vlak bak of bord van glas of keramiek

Spuit ’n lagie skeerroom oor die bodem van die vlak bak. Gebruik ’n lepel om die skeerroom egalig oor die bodem te versprei.

Drup ’n bietjie koskleursel oor die skeerroom.

Trek ’n tandestokkie deur die gekleurde skeerroom om ’n marmereffek te verkry.

Idees

FOTO Ed O ’Riley

Rol ’n hardgekookte eier heen en weer deur die gemarmeerde skeerroom totdat dit oraloor daarmee bedek is.

Plaas die eier met skeerroom en al op ’n stuk kombuispapier. Laat dit staan vir 10-15 minute voordat jy dit afvee, en siedaar: Die eier het ’n marmerpatroon.

WENK Hoe langer jy die skeerroom laat aanbly, hoe helderder sal die kleur op die eier wees.

* Dié artikel het oorspronklik in Idees, April 2016, verskyn.

Lees ook

Paasfees-teetafel

Karamel-en-esdoring-Paaseiers

Kosbare oomblikke met Paasfees